1 234 veldbrande in 2021
Ses sterftes aangeteken
Ongeveer 3,1 miljoen hektaar het verlede jaar afgebrand.
Altesaam 1 234 veldbrande is verlede jaar in Namibië aangemeld en ongeveer 3,1 miljoen hektaar het afgebrand, terwyl ses mense gesterf het.
Daarbenewens is 3,2 miljoen hektaar in 2020 vernietig, het mnr. Pohamba Shifeta, die minister van die omgewing bosbou en toerisme, gesê toe hy die ministerie se jaarlikse begroting van N$478,9 miljoen vir die 2022-‘23-boekjaar in die parlement ter tafel gelê het.
Shifeta het gesê na raming is 900 veediere en 500 wilde diere in die veldbrande dood, terwyl ses mense se lewens ook geeïs is. Volgens hom was Zambezi, Kavango-Wes, Kavango-Oos, Kunene, Otjozondjupa, Khomas, Omaheke, Ohangwena, Omusati, Oshana en Oshikoto die streke wat die ergste geraak is.
“Die ministerie het altesaam 300 mense landswyd opgelei in basiese brandvoorkoming en -bestryding terwyl meer as 150 personeellede van die ministerie en ander rolspelers aan brandbestryding deelgeneem het.”
Om paraatheid vir en reaksie op bos- en veldbrande te verbeter, het die ministerie die nasionale bos- en veldbrandbestuurstrategie opgestel, het hy gesê. “Die beleid sal koördinasie in die implementering van bos- en veldbrandbestuurstrategieë verbeter, verskillende belanghebbendes bymekaar bring en beter voorsiening van hulpbronne en toerusting verseker.”
Hierdie beleid sal na verwagting in die loop van hierdie jaar deur die kabinet goedgekeur word.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie