Verkiesings 2025: Stemlokale in die Erongo-streek. Infografika: NMH
Verkiesings 2025: Stemlokale in die Erongo-streek. Infografika: NMH

Verkiesings 2025: Bly ingelig oor Erongo-streek

Frank Steffen
Namate die Namibiese streeksraad- en plaaslike owerheidsverkiesings op 26 November 2025 nader beweeg, publiseer NMH se nuuskanale infografika om die publiek 'n beter oorsig te gee van hoe die 14 streke deur die Namibiese Verkiesingskommissie (ECN) bedien sal word. Die doel is om 'n grafiese oorsig van die aantal stemlokale in elke streek, altans die stemlokale binne die afsonderlike kiesafdelings van hierdie streke, te verskaf. Dit is belangrik omdat kiesers wel net binne hulle kiesafdeling vir hulle plaaslike owerheidskandidate kan stem. Daarbenewens sal die nuutste data oor geregistreerde kiesers – soos verskaf deur die ECN – gepubliseer word.

Laastens kan lesers 'n QR-kode skandeer wat na die Synergi Chatbot toe lei – hoewel jy dalk verkies om die hutsmerk #elections per WhatsApp na +264 85 785 6231 te stuur. Daardeur verkry jy toegang tot meer inligting oor die verkiesingsproses en tot relevante nuusberigte. Op hierdie bladsy kan jy egter eenvoudig hierdie skakel volg: http://q.my.na/PNJD

#NamibiaDecides2025

Kommentaar

Republikein 2025-10-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer