Tyitende pleit vir geskikte kandidate
Watter kriteria gaan toegepas word om te verseker dat bekwame mense aan kiesers voorgestel word? Sal dit weer eens ’n kwessie wees van wie die hardste op partybyeenkomste sing of wie se voertuig, huis en donkies in partykleure gedrapeer word?
Só vra die politieke kommentator Rui Tyitende oor watter kriteria Swapo vanjaar gaan gebruik vir kandidate vir die plaaslike owerheid- en streekraadverkiesing wat in November plaasvind.
“Ons moet wegdoen om funksioneel ongeletterde politici te hê wat die lot bepaal van mense wat beter as hulle gekwalifiseer is,” het Tyitende in ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) gesê.
Swapo het die afgelope dekade al hoe swakker by stembusse gevaar en het mag in sleutel- stedelike gebiede afgestaan.
Wat plaaslike owerheid- en streekraadverkiesings aanbetref, waar dienslewering een van die kernpunte is waarna die kiesers kyk, is politieke partye in die verlede fel gekritiseer wanneer kandidate met swak leierskapsvermoë voorgestel word en wat dikwels tot geen of weinige ontwikkeling lei.
Volgens Tyitende is verkose politici op plaaslike en streekvlak “mense met geen rekord van bevoegdheid nie”.
“Ten spyte van die feit dat plaaslike en streekpolitiek die steunpilaar van dienslewering is, was politici op hierdie vlak histories mense met geen rekord van bevoegdheid nie en is hulle oor die algemeen die uitgeworpenes van die samelewing.
“Hulle is skoonmakers, sjebien-eienaars en mense wat vasbeslote is om hul sakke vol te stop ten koste van die mense wat hulle veronderstel is om te dien,” het Tyitende gemaan.
Swapo en die land se president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het vroeër vanjaar tydens ’n vergadering van dié party se sentrale komitee gesê die regerende party sal kandidate in die veld stoot wat die beleide en programme soos vervat in die verkiesingsmanifes kan implementeer.
“Die leiers wat ons vir die verkiesings gaan inspan, gaan ons beleide en programme op die grond implementeer en verseker die beloftes wat in Swapo se verkiesingsmanifes gemaak is, ten volle verwesenlik word,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie