Talle beamptes eis steeds ‘uitstaande’ ECN-betalings
Verkiesingskommissie sê proses is afgehandel
Ontevrede verkiesingsbeamptes het 'n formele klag by die kantoor van die ombudsman ingedien om in die saak in te gryp.
Ten spyte van die bevestiging van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) dat al die betalings aan verkiesingsbeamptes wat tydens die plaaslike owerhede- en streekraadverkiesings in November 2025 gewerk het, gefinaliseer is, bly talle ontevrede en voer aan dat hulle steeds geld verskuldig word.
Die ECN het op 8 Januarie aangevoer finale betalings is vir meer as 18 000 verkiesingsbeamptes gedurende die week van 22 Desember verwerk en dat betalings slegs gemaak is vir werklike werk wat verrig is.
“Al die bywoningregisters wat ingedien is, is geverifieer en dienooreenkomstig verwerk,” volgens ’n verklaring wat deur die ECN se woordvoerder, De Wet Siluka, uitgereik is en deur die ECN se uitvoerende hoof, Peter Shaama, onderteken is.
Siluka het gister herhaal dat die betalingsproses afgehandel is en slegs gevalle met verkeerde bankbesonderhede – waar betalings terugbesorg is – steeds aandag geniet.
Ontevrede verkiesingsbeamptes het hierdie bewering egter reeds op 9 Januarie betwis en Shaama se opmerkings as leuens beskryf.
Die groep het Sondag ’n formele klag by die kantoor van die ombudsman ingedien. Daarin versoek die ontevrede kiesbeamptes dat toelaes herbereken word om die volle aantal dae wat gewerk is te weerspieël, insluitend ontplooiing, opleiding, pligte op stemdag, pligte gedurende die telproses en ander amptelike opdragte.
“Ons versoek nederig dat die ombudsman hierdie saak ondersoek. Die ECN moet alle uitstaande bedrae wat aan ons verskuldig is, herbereken en betaal. “Indien dit nie gebeur nie, versoek ons dat die saak na die howe verwys word vir beslegting,” luidens die dokument wat Network Media Hub (NMH) onder oë gehad het.
Die klagtes sluit in dat die dienskontrakte eers op die laaste werksdag beskikbaar gestel is, terwyl sommige streke, insluitend Zambezi (kiesafdelings: Sibbinda, Katima Landelike en Kabbe Suid) en Oshikoto (Guinas-kiesafdeling), na bewering glad nie kontrakte ontvang het nie.
Die kontrakte, wat op 7 November 2025 uitgereik sou word, het werksdae van 23 tot 29 November 2025 gespesifiseer, ten spyte daarvan dat sommige verkiesingsbeamptes reeds op 19 November begin werk het.
Kiesbeamptes beweer verder dat opleiding wat tussen 7 en 15 November – en in sommige gevalle tot 16 November – aangebied is, plaasgevind het sonder duidelikheid oor vergoeding. Bykomende opleiding van 19 tot 22 November is ook nie in die kontrakte weerspieël nie.
“Gebaseer op ons interpretasie van die kontrak, moes die ECN alle voorsittende beamptes wat op 7 November met opleiding begin het en tot 19 November 2025 gewerk het, dieselfde bedrag betaal het, maar betalings het verskil.
“Dieselfde geld vir kiesbeamptes. Die kontrak spesifiseer nie dat betaling volgens ligging moet wissel nie; nietemin is talle beamptes oraloor die land onderbetaal,” lui die klagte.
Die beamptes soek ook duidelikheid oor waarom sommige voorsittende beamptes in die Khomasstreek betalings van N$563 op 7 Januarie 2026 ontvang het, wat die doel van daardie betalings was en waarom ander nie ten volle betaal is nie.
Hulle bevraagteken verder waarom sekere werksdae na bewering van amptelike bywoningsrekords weggelaat is.
“Die ECN was van die begin af bewus van ons klagtes,” het die groep gesê.
“Ons voel die ECN het ons behoefte aan werk uitgebuit tot nadeel van hardwerkende individue, insluitend swanger vroue, wat bloot probeer het om vir hul gesinne te sorg.
“Ons het dreigemente in die gesig gestaar om van toekomstige ECN-werk uitgesluit te word bloot omdat ons soek wat regmatig aan ons verskuldig is,” lui die klagte.
Ondersoekbeamptes in die kantoor van die ombudsman het intussen aan NMH bevestig dat hulle die saak ondersoek en individuele eise geverifieer word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie