Swapo
Swapo

Swapo staan voor ’n dilemma

Netumbo se volgelinge wil haar as enigste kandidaat hê
Vrese in die partygeledere wat onenigheid kan veroorsaak, kan Swapo later negatief by die stembus beïnvloed.
Jemima Beukes,Mathias Haufiku
Swapo se sentrale komitee sal môre vergader om te besluit of die party ’n buitengewone kongres moet hou om ’n nuwe president te kies; of die party se visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah die enigste kandidaat moet wees; of die buitengewone kongres uitgestel moet word tot ná die nasionale verkiesing wat later vanjaar sal plaasvind.

Binnestanders in Swapo het gesê daar is vrese in die partygeledere wat onenigheid kan veroorsaak wat die party later negatief kan beïnvloed terwyl hy na die stembus gaan, ’n bedreiging wat die sentrale komitee (CC) in ’n komplekse en onstuimige posisie geplaas het terwyl die struktuur voorberei om môre te vergader om oor die pad vorentoe te besluit.

Met wyle Hage Geingob wat nie meer aan die stuur van die party is nie, sal Nandi-Ndaitwah verantwoordelik wees om môre se verrigtinge te lei wat ’n groot impak op haar politieke toekoms sal hê.

Beroepe is sedertdien gedoen dat sy haarself moet onttrek sodra die besprekings begin, siende dat die besprekings direk met haar verband hou. Die party se regsekretaris, Pohamba Shifeta, het gister bevestig dat Nandi-Ndaitwah die vergadering sal lei.

“Dit is nie ’n kwessie van konflik nie. As die president nie daar is nie, moet die visepresident dien of optree. Wanneer dit by die buitengewone kongres kom, het niemand anders behalwe die visepresident die mag om hierdie verantwoordelikheid uit te oefen nie. Dit sal onreëlmatig wees vir enigiemand anders om die vergadering te lei,” het hy gesê.

Die meerderheid van die CC-lede het by navraag gesê hulle leun in die rigting om Nandi-Ndaitwah as die enigste kandidaat by die buitengewone kongres te onderskryf om te voorkom dat die party verdeeld na die stembus gaan.

Die party se grondwet bepaal dat ’n buitengewone kongres gehou moet word 90 dae nadat ’n vakante posisie ontstaan het. Die party se president, Geingob, het op 4 Februarie gesterf en daarom, sou die party die grondwet se bepalings volg, sal ’n buitengewone kongres voor 4 Mei moet plaasvind. Daar is egter ook partylede wat wil hê die kongres moet tot 2025 uitgestel word.

“Ons moet ’n besluit neem wat in die belang van die party as geheel is. Sonder enige betwisting sal jy altyd faksiegevegte hê. As die skade van hierdie gevegte in die verlede in ag geneem word, is die tydsraamwerk tussen nou en die verkiesings net te kort om opponerende faksies te verenig,” het ’n senior partybron gesê.

Nog ’n bron het gewaarsku dat enige poging om die buitengewone kongres uit te stel of ’n besluit om nie die indaba vir enige rede te hou nie, “die party se grondwet in gedrang sal bring”.

“As ons die bepalings van die grondwet selektief toepas, gaan ons ’n situasie skep waarby alle partystrukture besluit om net die grondwet te gebruik wanneer dit in hulle belang is.

“Daarom of die CC ’n spesifieke kandidaat onderskryf of wat ook al dit besluit, moet die kongres binne die voorgeskrewe tydlyne plaasvind,” het die partylid gesê.

Die besluit of die buitengewone kongres moet plaasvind al dan nie, het ook die party se 14 streekkoördineerders teen mekaar opgestel.

Die koördineerders het gister ontmoet om te konsulteer oor ’n gemeenskaplike posisie vir die beste pad vorentoe. Bronne wat die vergadering bygewoon het, het aangedui dié wat Nandi-Ndaitwah ondersteun, wil hê sy moet onderskryf word en dat die kongres tot volgende jaar uitgestel word. Ander voel weer ’n buitengewone kongres sal ’n gat uit die party se begroting vir die verkiesings vreet.

Sommige politieke teenstanders van die buitengewone kongres het selfs sover gegaan om voor te stel dat die party se grondwet die CC volle kongresmagte gee en wat insluit of dit moet plaasvind of nie.

Artikel 12 van die party se grondwet bepaal dat die CC die hoogste gesagsorgaan tussen kongresse sal wees.

“Jy moet onthou die grondwet is ’n lewendige dokument en moet in die beste belang van die party dien,” het ’n partylid verduidelik.

Die party se topleierskap bestaan tans uit Nandi-Ndaitwah (visepresident), Sophia Shaningwa (sekretaris-generaal) en Uahekua Herunga (adjunk- sekretaris-generaal).

Sou die CC besluit om Nandi-Ndaitwah as die enigste kandidaat vir die topposisie by die buitengewone kongres te onderskryf, beteken dit net manlike kandidate sal in aanmerking kom om vir die posisie as visepresident te staan volgens die party se 50/50-geslagsbeleid. Name wat hiervoor genoem word, sluit in Peya Mushelenga, Pohamba Shifeta en Veikko Nekundi.

Vanjaar se verkiesing word beskou as die belangrikste sedert die aanvang van demokrasie met baie lojale ondersteuners van die party wat vrees dit kan moontlik weens die skuif in die dinamika van plaaslike politieke, nie die nodige 50% van stemme werf nie.

Pendukeni Ivula-Ithana het bewerings afgelag dat sy van plan is om vir die posisie van presidensiële kandidaat tydens die naweek se vergadering van die sentrale komitee te staan.

“Dit is nuus! Dit is eerlikwaar die eerste keer wat ek hiervan hoor. Ek is ’n lid van die sentrale komitee en ons gaan die kwessie die naweek bespreek. Net die sentrale komitee het die mag om dit te besluit,” het sy by navraag gesê.

Die Swapo-veteraan Jerry Ekandjo het beklemtoon sy kommer en pogings om vir die waardes van die party op te staan en dit te beskerm, word dikwels gesien as ’n aanduiding dat hy as ’n presidensiële kandidaat wil staan. Dié keer wou hy dit egter nie erken of ontken dat dit sy plan is nie.

“Ek dink nie die vraag is nou relevant nie. As ek dit wil uitwys, beteken dit ek wil staan. Ons is hier om die party te lei,” het hy gesê.

“Lede wat omgee oor die party en wil hê Swapo moet optree volgens die party se grondwet en dit uitwys as wat gedoen moet word, beteken nie hulle wil vir posisies staan nie. Dit beteken ons wil hê die huidige leierskap moet by die grondwet hou, wat bepaal dat die topvier, die sentrale komitee en die politburo vir vyf jaar moet dien. Die ontslape president het net een jaar en twee maande gedien en daar is nou ’n oorblywende drie jaar en agt maande oor.”

Volgens hom is die grondwet duidelik – daar moet voor 4 Mei of teen die einde van April en nie later nie ’n buitengewone kongres gehou word.

Ekandjo wat in die verlede verskeie kere onsuksesvol vir die topposisie gestaan het, het beklemtoon die grondwet is baie duidelik dat ’n buitengewone kongres binne drie maande belê moet word nadat ’n vakante posisie gevul is en waartydens ’n president vir die party verkies word.

“’n Persoon kan nie onderskryf word in ’n posisie waarin hulle nie is nie. Die sentrale komitee word saamgeroep vir net een doel. Hulle het net een agenda. Dit is om te vra vir ’n buitengewone kongres. Die tyd is teen ons. Daar is ’n vakante posisie en die grondwet bepaal dat indien die president nie in staat is om permanent sy of haar pligte uit te voer nie, of sy of haar funksies vir welke rede ook al nie kan vervul nie, ’n buitengewone kongres deur die sentrale komitee binne drie maande geroep word nadat die vakante posisie ontstaan het en om ’n nuwe president te kies.

“Laasgenoemde is om die termyn van die voormalige president te voltooi, tensy so ’n vakante posisie ses maande voor die gewone kongres voorkom. Dit is nie Jerry wat dit sê nie, dit is die grondwet,” het Ekandjo beklemtoon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.64 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.60/OZ DOWN -0.0071 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0228 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.21/BBP DOWN -0.044 | Platinum US$ 948.60/OZ DOWN -0.0008 Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.64 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.60/OZ DOWN -0.0071 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0228 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.21/BBP DOWN -0.044 | Platinum US$ 948.60/OZ DOWN -0.0008