FUMING: Swapo Party secretary-general Sophia Shaningwa did not take lightly to allegations that she is delaying the party’s preparations for the elective congress slated for next month. PHOTO: File
FUMING: Swapo Party secretary-general Sophia Shaningwa did not take lightly to allegations that she is delaying the party’s preparations for the elective congress slated for next month. PHOTO: File

Shaningwa storm uit vergadering

Swapo se sentrale komitee kom byeen
Na vrae oor hoekom alles by Swapo nog nie in plek is in aanloop tot volgende maand se verkiesing nie, het die sekretaris-generaal lede voor stok gekry en die vergadering onseremonieel verlaat.
Yandi Du Plessis
Mathias Haufiku – Lede van die regerende party se sentrale komitee is tydens Vrydag se vergadering geskok toe die sekretaris-generaal, me. Sophia Shaningwa, halfpad deur die verrigtinge uitgestorm het.

Volgens binnestanders was Shaningwa nie beïndruk met bewerings dat sy die rede is waarom die party se voorbereidings vir volgende maand se verkiesing nog nie in plek is nie – net ‘n maand voordat meer as 700 afgevaardigdes moet byeenkom om die party se nuwe leiers vir die volgende vyf jaar te kies.

Die vergadering het op ‘n rustige noot begin, met komiteelede wat kortliks die hoofitem op die agenda bespreek het – die partyveteraan, mnr. Jerry Ekandjo, se versoek om teen mee. Netumbo Nandi-Ndaitwah en Saara Kuugongelwa-Amadhila en mnr. Pohamba Shifeta om die visepresidentsposisie mee te ding.

Dit het die lede glo minder as 30 minute geneem om konsensus te bereik dat dit nie in die beste belang van die party sal wees om Ekandjo in die verkiesingswedloop toe te laat nie, aangesien dit die deur kan oopmaak vir ander potensiële kandidate om dié voorbeeld te volg.

Daarna het die sentrale komitee die kwessie van werkkomitees vir die kongres – wat nog saamgestel moet word – bespreek, asook die reëls van betrokkenheid wat diegene wat om die topvierposisies meeding, moet volg.

Hierdie kwessie is geopper deur Swapo se koördineerder vir die ||Kharasstreek, mnr. Matthew Mumbala, wat voel kandidate ignoreer die verkiesingsveldtog se reëls.

BEKOMMERNISSE

Mumbala het al drie visepresidentskandidate daarvan beskuldig dat hulle afgevaardigdes wat nie aan die kongres behoort nie, van streek tot streek vervoer het – ‘n stap wat volgens hom teenstrydig met die reëls is.

Hy het ook kommer uitgespreek oor die vertraging rakende die komitees wat nog nie in plek is nie.

Dié bekommernisse volg dae nadat mnr. Peya Mushelenga, ‘n sentrale komiteelid, aan Shaningwa geskryf het en bevraagteken het waarom die party se voorbereidende prosedures steeds nie ten volle geïmplementeer is nie, al is die kongres om die draai.

Die sekretaris-generaal was onbeïndruk met dié verwikkeling, ‘n situasie wat oënskynlik haar humeur laat opvlam het, waarna sy na Mumbala gekap het.

“Mumbala, moenie krap waar dit nie jeuk nie, asseblief! Ek weet nie hoekom julle [Mushelenga en Mumbala] my probeer verneder en beledig nie,” het sy gesê voordat sy uit die vertrek gestorm en haar kamerade in skok gelaat het.

‘n Bron in die sentrale komitee het gesê: “Ons het verwag dat die sekretaris-generaal sou terugkeer, maar die vergadering het sonder haar afgesluit. Die kommer rondom ons as party wat laat is met ons voorbereidings, is opreg; ek weet nie hoekom sy opgewerk geraak het in plaas daarvan om net die bekommernisse te takel nie.”

FISHROT-KOPSEER

Shaningwa het dit nie maklik gehad sedert sy in 2017 die party se leisels as sy topadministrateur oorgeneem het nie. Haar grootste uitdaging was die publisiteitsnagmerrie wat uit die Fishrot-skandaal voortgespruit het.

Shaningwa het Saterdag, terwyl sy by ‘n saamtrek in Omuthiya gepraat het, gesê Swapo het sy tweederdemeerderheid tydens die laaste verkiesing verloor weens Fishrot.

Dit het gevolglik daartoe gelei dat die party se inkomste uit sy setels in die Nasionale Raad en die Nasionale Vergadering verminder is.

“Die party se naam is deur sommige individue gebruik en ek is deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) in my hoedanigheid as sekretaris-generaal ontbied om rekords namens die party skoon te maak.

“Ek moes deur al die party se boeke, rekeninge en bankstate gaan om te getuig dat die party nie 'n sent van daardie onwettige transaksies ontvang het nie en as sekretaris-generaal moes ek ‘n betroubare ouditeursfirma inbring om ‘n onafhanklike oudit uit te voer. Niks is in die party se rekeninge gevind nie,” het Shaningwa aangevoer.

Sy het ook beklemtoon dat daar net twee mense in die party is wat tekenregte oor sy finansies het – syself en die sekretaris vir finansies, mnr. Tjekero Tweya – en het bewerings dat die party by die Fishrot-geld gebaat het, ontken.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%