BETWEEN A ROCK AND A HARD PLACE: Veterans affairs minister Frans Kapofi.
PHOTO: Ministry of Defence and Veterans Affairs
BETWEEN A ROCK AND A HARD PLACE: Veterans affairs minister Frans Kapofi. PHOTO: Ministry of Defence and Veterans Affairs

Regering worstel met betalings aan veterane

Swapo se kongresbesluit skep probleme
Die hoop dat uitbetalings veterane sal paai voor die November-verkiesing, vervaag vinnig.
Elizabeth Kheibes
Elizabeth Kheibes – Die regering het erken hy kan nie byhou met Swapo se 2022-kongresbesluit dat alle veterane van die vryheidstryd voor 2024 uitbetalings moet ontvang nie, ’n stap wat volgens waarnemers ten doel het om die vryheidsvegters te paai voor vanjaar se belangrike algemene verkiesing.

Die minister van verdediging en veteranesake, Frans Kapofi, het bevestig dat “’n beduidende aantal veterane nie aandag sal geniet nie”, ’n situasie wat waarskynlik talle woedend sal maak voor die verkiesings in November.

Kapofi het geworstel met die finansiering van Swapo se ambisieuse opdrag en het verlede jaar gesê terwyl die regering simpatiseer met vryheidsvegters wat nog nie hul “teken van waardering” ontvang het nie, die regering mededingende prioriteite gehad het om aan aandag te skenk.

“Die regering finansier almal. Dit kan nie net veterane se projekte finansier nie. Ons moet net tevrede wees met wat ons het,” is hy destyds aangehaal.

Die situasie het ’n jaar gelede tot ’n konfrontasie gelei toe Kapofi in ’n video wat tydens ’n vergadering geneem en wyd in die sosiale media versprei is, gesê die veterane het voorgestel dat die regering olifante moet doodmaak en verkoop om geld in te samel om sy verpligtinge aan die vryheidsvegters na te kom.

DRUK NEEM TOE

Die besluit oor uitbetalings wat by Swapo se kongres in 2022 geneem is, lui: “Die party beveel die regering om die kontantuitbetalings aan veterane van die vryheidstryd voor 2024 ten volle te verwesenlik en om die aansoek deur die veteranevereniging vir affiliasie-lidmaatskap te bespoedig en af te handel.”

In die afgelope boekjaar is N$941 miljoen van die N$1,2 miljard wat aan veterane-aangeleenthede toegeken is aan kwalifiserende veterane en hul afhanklikes – altesaam 21 428 mense – bestee.

“Die grootste kostedrywer in die begroting was die betaling van die maandelikse toelaes aan die veterane,” het Kapofi onlangs gesê in sy toespraak om sy ministerie se begroting te motiveer.

Met die verkiesings wat in November plaasvind, neem die druk op die regering egter toe om geld uit te betaal aan die oorblywende kwalifiserende veterane, wat sê die regering neem te lank en sommige vrees dat hulle kan doodgaan voor hulle die geld ontvang.

Tans het die ministerie ’n agterstand van 11 000 ongefinansierde individuele veteraanaansoeke wat van 2013 dateer, het Kapofi onlangs aan die parlement gesê.

“Die aantal [individuele veteraanaansoeke] wat op finansiering wag, is egter nie konstant nie, want veterane wat voorheen nie aansoek gedoen het nie, doen nou aansoek, terwyl die veterane wie se aansoeke deur die appèlraad goedgekeur is ook vir daardie voordeel in aanmerking kom,” het hy gesê.

In die huidige begroting is N$1,4 miljard vir veteranesake bewillig. Altesaam N$589 miljoen hiervan sal gekanaliseer word om die maandelikse toelaes aan kwalifiserende veterane te betaal.

Altesaam N$17 miljoen sal gebruik word om ’n eenmalige bedrag aan 338 veterane te betaal wie se appelaansoeke onlangs suksesvol was, terwyl N$263 miljoen aan individuele projekte vir 1 548 veterane toegeken word.

EFFENSE STYGING

Kapofi het erken dat meer veterane vanjaar nie finansiering sal ontvang nie.

“Met hierdie toekenning sal ’n aansienlike aantal veterane nie aandag geniet nie,” het hy toegegee.

Die geld word betaal aan oudvegters van Swapo se militêre vleuel, die People’s Liberation Army of Namibia (Plan), asook aan voormalige politieke gevangenes van Robbeneiland en Kai //Ganaxab.

Kapofi het gesê die huidige N$2 200 wat kwalifiserende veterane tans per maand ontvang, sal verhoog word, maar hy het nie aangedui met hoeveel nie.

“Die toename word toegeskryf aan aftrede, mense wat medies ongeskik verklaar is om te werk (medical boarding) en suksesvolle appellante,” het hy gesê.

Plan se voorsitter, Bamba Nghipandua, het Dinsdag aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê hoewel hy geen inligting het oor hoe ver die proses is om aan Swapo se kongresbesluit te voldoen nie, is hy bewus daarvan dat betalings sal afhang van die bedrag wat in die begroting beskikbaar gestel word.

“Ek het geen inligting vir jou nie, maar wat ek in die huidige begroting gesien het [is dat] dit lyk of daar ’n effense toename in die betalings is. [Ek] hoop dat die hele doel is om die betaling van veteraneprojekte te dek,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.93 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.6 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP DOWN -0.0434 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.93 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.6 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP DOWN -0.0434 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27%