PUC is nuutste politieke party
Ontvang registrasiesertifikaat van ECN
Namibië het tans 24 amptelike politieke partye en 18 geregistreerde politieke organisasies of verenigings.
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het die politieke party People Unite for Change (PUC) Woensdag amptelik geregistreer.
Die uitvoerende hoof van die ECN, Peter Shaama, het die registrasiesertifikaat persoonlik toegeken.
Die party se president, Ernestus Axakhoeb, was verheug oor die stap ná vier jaar se harde werk. Volgens hom is die party in 2021 gestig, spesifiek om San-burgers en ander randgemeenskappe in die Namibiese politiek te kan verteenwoordig, het hy uitgebrei.
Volgens hom het die party reeds 20 000 geregistreerde lede.
Axakhoeb het voorheen as ’n onafhanklike kandidaat in Karibib meegeding. Dit is een van die plekke waar die party glo ’n goeie kans in die komende nasionale streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings staan, voeg hy by.
Die PUC het glo ook grond in Omaruru, Outjo, Khorixas, Otjiwarongo, Otavi, Grootfontein, Tsumeb, Windhoek, Witvlei, Gobabis en Kalkrand gevat.
Die PUC word ook op Rehoboth teenwoordigheid, volgens ’n partylid Willem Koos Ukongo, wat teenwoordig was by die oorhandiging van die registrasiedokument.
Wilhelm Swartbooi was ook saam met hom by die ECN se hoofkantoor, en volgens hom het die nuwe party ten doel om Namibiërs se menseregte te herstel. Die hoofdoelwitte sluit egter eerstens die toekenning van die pensioenverhoging tot N$3 000 per maand in asook toegang tot grondbesit en die herstrukturering en transformasie van landbou in Namibië.
Volgens die party se president en met betrekking tot die party se stigting, is die PUC ’n multirassige, nie-seksistiese en demokraties-sosialistiese party.
“Die party is gestig om die maatskaplike en ekonomiese status van die Hai-//om San en ander gemarginaliseerde groepe van ons mense en voorheen benadeelde groepe van ons samelewing te verander.”
“Ons doelwit is ’n allesomvattende politieke verteenwoordiging wat sal poog om ’n breë nasionale politieke tuiste te skep, vir alle stamme en burgers van ons republiek in alle streke van ons land,” lui die dokumentasie.
By die geleentheid het Alpheus Haufiku, die senior regsbeampte van die ECN, gesê dat Namibië nou met die Namibia Progressive Party (NAPPA) wat ook terselfdertyd geregistreer is, 24 amptelike politieke partye en 18 geregistreerde politieke organisasies of verenigings het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie