Politieke partye moet eie reiskoste na SA opdok
Kandidate vandag bekend
Verteenwoordigers van verskeie politieke partye is warm onder die kraag ná die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) Dinsdag aangekondig het dat waarnemers nie op die kommissie se rekening na Suid-Afrika sal reis om die druk van stembriewe vir die verkiesings vir streek- en plaaslike owerhede waar te neem nie.
"Hierdie is totaal onaanvaarbaar. Dit ondermyn geheel en al deursigtigheid en aanspreeklikheid," het die woordvoerder van die Popular Democratic Movement (PDM), Max Katjimune, op navrae van Network Media Hub (NMH) gesê.
Katjimune meen hierdie besluit sal ook op die ECN self weerspieël.
"Dit sal hulle ook raak, want hul missie gaan nie in hierdie geval uitgevoer word nie," sê hy.
Lukato Martin Lukato, die leier van die National Democratic Party (NDP), wat tans een setel in die parlement beset, glo hierdie besluit is onregverdig.
"Die ECN het die begroting daarvoor, so hulle moet dit doen," meen hy.
Volgens Lukato het die ECN teenkanting gekry in gesprekke oor hierdie besluit.
"Hierdie is baie ernstig, want die meerderheid partye het nie saamgestem nie," het Lukato gesê.
Lukato het ook kapsie gemaak oor die gebruik van ’n Suid-Afrikaanse maatskappy vir die druk van stembriewe.
"Ons het drukkersmaatskappye in Namibië, hoekom word die tender aan buitelanders gegee?"
Die Landless People's Movement (LPM) se Lifalaza Simataa het in reaksie op hierdie kwessie aangevoer dat dit nóg skade aan die reputasie van Namibië se verkiesings kan aanrig.
"Ons stem nie daarmee saam nie, aangesien dit ons verkiesingstelsel verder benadeel, wat op sigself sedert verlede jaar se nasionale verkiesings met bespotting deurspek is. Ons kan nie die integriteit van ons stemstelsel verder in gevaar stel as gevolg van nalatige leiers wat voortdurend met hul beplanning misluk nie," het hy gesê.
Die Independent Patriots for Change (IPC) se Imms Nashinge het gesê die ECN het tydens verlede jaar se verkiesings ’n verwagting geskep met betrekking tot die koste verbonde aan waarnemers vir die druk van stembriewe.
"Hierdie besluit is 'n ernstige slag vir die beginsels van deursigtige en inklusiewe verkiesingsbestuur. Nog erger, die ECN het 'n presedent geskep waar koste in 2024 deur die instelling gedek tydens die verkiesingsproses is, wat duurder was, maar natuurlik met dieselfde begrotingstoewysing as die huidige een. Waarom nou verander?
"As die IPC vind ons dit alles teenstrydig dat die ECN, wat gereeld sy betrokkenheid by politieke partye deur forums soos die Politieke Partye-skakelkomitee (PLC) as bewys van sy inklusiwiteit voorgooi, nou 'n stap sou neem wat partye aktief uitsluit van 'n fundamentele deel van die verkiesingsproses," het Nashinge bygevoeg.
Hy meen hierdie verandering posisioneer die ECN as die middelpunt in ’n onnodige debat.
"'n Deursigtige proses vir die druk van stembriewe, wat deur alle deelnemers waargeneem word, is 'n fundamentele waarborg vir verkiesingsintegriteit. Deur te weier om dit te fasiliteer, skep die ECN onnodige agterdog en ondermyn die openbare vertroue in die hele verkiesingstelsel, selfs voordat 'n enkele kruisie getrek is.
"Hierdie stap is veral kommerwekkend na aanleiding van die ECN se verslag ná die 2024-verkiesings, wat ons [IPC] verwerp het, omdat dit nie die insette van politieke partye wat die gemors en hul partydige gedrag eerstehands gesien het, ingesluit het nie," het Nashinge gesê.
TENDER
Die ECN se woordvoerder, De Wet Siluka, het Dinsdag namens die ECN se uitvoerende hoof, Peter Shaama, by die regering se inligtingsentrum (GIC) gesê die Suid-Afrikaanse maatskappy, Uniprint Global, het die tender gekry om 1 817 100 stembriewe vir die verkiesing vir streekrade en 912 700 stembriewe vir die verkiesing vir plaaslike owerhede teen ’n koste van byna N$4,9 miljoen te druk. Hierdie is volgens Siluka N$4,1 miljoen minder as die N$8,9 miljoen wat die ECN vir die druk van stembriewe begroot het.
Hy het tydens die aankondiging gesê die druk van hierdie stembriewe sal na verwagting volgende Woensdag 22 Oktober begin en op 31 Oktober voltooi word.
"Ons is tevrede. Ons is op dreef met ons kalender vir die verkiesings," het Siluka ná die aankondiging aan NMH gesê. Hy het verder gesê die aankondiging van onafhanklike kandidate en politieke partye wat aan die komende verkiesings sal deelneem, sal vandag gemaak word.
– [email protected]
Kyk die ECN se aankondiging hier: https://q.my.na/3U1P

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie