No Image Caption

PAS IN: LPM kap Witbooi

Jemima Beukes
Die Landless People's Movement (LPM) sê bewerings van Gertjie Witbooi, Keetmanshoop se raadslid vir die landelike kiesafdeling, is kaf. Witbooi het die LPM-leier Bernadus Swartbooi van ‘n heksejag beskuldig.

Witbooi het gistermiddag die LPM se vlag op Aroab aan die brand gesteek, terwyl sommige LPM-lede die partyleierskap uitgejou het.

Die nasionale woordvoerder van die LPM, Lifalaza Simataa, het vanoggend ‘n verklaring uitgereik waarin hy sê Witbooi het homself as ‘n slagoffer uitgebeeld terwyl hy Swartbooi beledig het.

Simataa het Witbooi voorts van onderduimse taktiek beskuldig om homself as ‘n onbesonge held en slagoffer te besing. Dít terwyl hy eintlik weens sy optrede geskors is.

#RepNuus

Kommentaar

Republikein 2023-03-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer