Die president van die UPM, Jan van Wyk, sê opposisiepartye moet saamwerk. Foto argief
Die president van die UPM, Jan van Wyk, sê opposisiepartye moet saamwerk. Foto argief

Opposisie hou oë oop vir alliansievennote

Binnegevegte lê Windhoek se opposisie lam
Die UPM sal volgende jaar 'n ander opposisieparty se presidentskandidaat ondersteun.
Augetto Graig
Die party is reg om ’n alliansie met opposisiepartye te vorm om Swapo se houvas op die regering in 2024 te verbreek.

Dit volgens die parlementslid van die United People’s Movement (UPM), Jan van Wyk.

“Die UPM glo steeds ’n verenigde opposisiefront sal ’n beter kans staan om die regerende party in 2024 te ontsetel. Die feit dat drie opposisiepartye egter besluit het om afsonderlik deel te neem, verstewig reeds die regerende party se greep in 2024,” skryf hy in ’n onlangse verklaring.

Van Wyk verwys ook na die onlangse verkiesings in die Moses ||Garoëb-kiesafdeling in die hoofstad, waar net 11,5%, of altesaam 4 845 kiesers uit 42 135 hul kruisies getrek het, luidens die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN).

Van Wyk meen die swak deelname dui daarop dat opposisiepartye se ondersteuning afneem.

“Die afname kan toegeskryf word aan gereelde binnegevegte, meningsverskille en die versuim van opposisiepartye om konsensus in koalisies en alliansies te bereik, wat tot voordeel van die kiesers – wat vir hulle gestem het – behoort te wees,” voeg hy by.

Hy sê ook dat die toename in onafhanklike kandidate daartoe lei dat die opposisiepartye se steun kwyn.

Van Wyk meen min onafhanklike kandidate is suksesvol, en dat hulle meer skade as goed doen.

“Die uitgangspunt van onafhanklike kandidate is dat ’n individu op sy eie, ware verandering in ’n nasie kan te weeg bring,” sê hy, en noem dit ’n dwaling en ’n pypdroom wat menigte kiesers sal ontnugter.

Dit oor, “die gebrek aan prestasie en invloed nadat hulle sonder rede van die nodige fondse van die sentrale regering ontneem is, wat tans die geval is met alle opposisie-beheerde plaaslike owerhede en streekowerheidsrade,” sê hy.

Van Wyk sê die UPM gaan in die komende verkiesings om Namibië se volgende staatshoof te verkies, nie sy eie kandidaat laat deelneem nie. Die party gaan eerder ’n presidentskandidaat van ’n opposisieparty ondersteun.

Die UPM sal binnekort tydens ’n kongres sy strategie vir die komende verkiesings vasstel.

“Die UPM is wel gewillig om in gesprek met ander politieke partye te tree om ’n alliansie te vorm, met diegene wat belang stel om dit te doen,” brei hy uit.

Dit is noodsaaklik om Swapo as regerende party te onttroon om die oorblywende plaaslike hulpbronne te beskerm, volgens Van Wyk.

Hy sê die regering verwag dat Namibiërs die koste van die Covid-19-pandemie moet dra, sluit die jeug by besluitneming uit, en kan nie diegene verantwoordbaar hou wat by wanbestuur betrokke is nie.

Die stigting van die nuwe politieke party, Body for Christ, is volgens Van Wyk ’n teken dat die kerk meer bereid is om op te staan, om kwessies rakende maatskaplike geregtigheid en gelykheid te takel.

Intussen het Christine Esperanza !Aochamus, sekretaris-generaal van die Independent Patriots for Change (IPC), ook Maandag aan opposisiepartye – betrokke by die leierskap van die Windhoek-stadsraad – geskryf.

Verskeie opposisielede van die stadsraad het verlede week kandidate genomineer en gesekondeer vir die setel van burgemeester, voor al die kandidate, behalwe die National Unity Democratic Organisation (Nudo) se Joseph Uapingene, weer onttrek het. Uapingene is gevolglik as burgemeester verkies.

Ondanks nominasies het nie een van die opposisielede the geleentheid benut om by die belangrike bestuurskomitee aan te sluit nie. Net Swapo-lede, Sam Nujoma, Queen Kamati en Austin Kwenani is verkies.

Swapo se Magalena Pienaar-Lombardt is as die hoofstad se adjunkburgemeester aangestel.

Dié verwikkelings volg op ’n mosie van wantroue verlede jaar teen die IPC se stadsraadslede.

“Konsensus-politiek is noodsaaklik vir die welvaart en vooruitgang van Stad Windhoek. Ek is oortuig daarvan dat ons baie meer vir Windhoekers sal bereik deur saam te werk om gesamentlike doelwitte te bereik, eerder as om in verdelende binnegevegte betrokke te raak,” skryf sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38%