'Ons is te min om arm te wees'
Ons is te min om arm te wees en met een hart en siel kan ons Namibië die beste plek vir ons almal maak.
Dit was die boodskap van president Netumbo Nandi-Ndaitwah gister tydens Heldedagvieringe op Katima Mulilo in die Zambezistreek.
Sy sê dit vereis dat Namibiërs die euwels van magsmisbruik, korrupsie en wanbestuur van openbare hulpbronne beveg.
"As ons na die toekoms kyk, moet ons oplossing wees om ons politieke vryheid te beskerm waarvoor ons so hard geveg het, terwyl ons erken dat die stryd om ekonomiese onafhanklikheid en voorspoed vir almal te verkry, nog nie gewen is nie.
"Die stryd om die lewensomstandighede van al ons mense te verbeter, vereis ons gesamentlike verbintenis om armoede, honger, werkloosheid en geslagsgebaseerde geweld, dwelm- en alkoholmisbruik te oorkom."
Die president sê met die natuurlike hulpbronne tot die land se beskikking moet verseker word dat elke Namibiër 'n ordentlike lewe lei.
"Ek het dit al voorheen gesê en sal dit weer sê, korrupsie is die verraad van vertroue, aangesien dit hulpbronne wegneem wat vir die mense bedoel is. Korrupsie moet dus as verraad hanteer word. Laat ons almal ons verbind tot gehalte-dienslewering op alle vlakke en te alle tye, of dit nou in die openbare of private sektor en selfs in ons families is, die basiese eenheid van ons samelewing, volgens ons Grondwet," het sy gesê.
Die president het weer eens beklemtoon die regering sal aan die kant wees van diegene wat veg teen korrupsie in al sy vorme wat die land se ontwikkeling bedreig.
SELFVERNIETIGING
“As jul leier, jul president, is ek baie bekommerd dat as ons nie verander nie, ons as 'n nasie op 'n kruistog van selfvernietiging is,” het Nandi-Ndaitwah verklaar.
“Ons misluk om mekaar op te hef en saam te druk vir die beste vir almal in die samelewing. Dit pla my erg dat ons te veel in mekaar se keelgate afklim - op alle vlakke van ons samelewing, of dit nou in families, tradisionele owerhede, godsdienstige of politieke instellings is. Ons is almal een.”
Sy het 'n beroep op groter verdraagsaamheid gedoen en Namibiërs aangespoor om geskille vreedsaam, met respek en sensitiwiteit op te los, eerder as om tot vyandigheid oor te gaan.
"Vandag aanskou on die impak van oorloë op ons televisiestelle, op sosiale en gedrukte media, die lyding, vernietiging en moorde in baie dele van die wêreld. Oorlog is die ergste situasie om in te leef, dit beïnvloed meestal onskuldige slagoffers in die samelewing, veral vroue en kinders. As 'n nasie moet ons ons vrede ten alle koste bewaar."
Ter afsluiting het die president die onlangse afsterwe van luitenant-generaal Solomon (Jesus) Hawala, ook bekend as die omstrede 'Slagter van Lubango' betreur wat op 6 September 'n "as 'n nasionale held ter ruste gelê sal word".
- [email protected]
Klik op die skakel https://q.my.na/RVXQ.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie