‘Ngatjizeko het Namibië met toewyding gedien’
’n Swapo-staatmaker en voormalige Namibiese parlementslid, mnr. Immanuel Ngatjizeko, is Saterdag oorlede.
Die kantoor van die president het die 69-jarige politikus se sterfte aangekondig.
“Ek het met groot hartseer die nuus van die heengaan van een van Namibië se brawe vryheidsvegters en toegewyde seuns ontvang; die agbare Immanuel Ngatjizeko,” het president Hage Geingob se boodskap gelui.
“Die wyle Immanuel Ngatjizeko het Namibië en sy mense vir talle jare met toewyding gedien,” volgens Geingob.
Ngatjizeko was reeds sedert 1978 ’n Swapo-organiseerder en volgens die president het hy sy pligte oor die jare met groot passie uitgevoer, geïnspireer deur die liefde vir sy land en mense.
“Sy heengaan is ’n groot verlies vir ons nasie,” sê die staatshoof.
Ná onafhanklikwording is Ngatizeko in 1991 tot Swapo se sentrale komittee verkies en in 2007 tot die politburo.
As lid van die parlement sedert 2000 is hy ook as die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie aangestel.
Hy was ook tydens sy loopbaan die adjunkminister van myne en energie, die minister van handel en nywerheid, die minister van arbeid en maatskaplike welsyn, die minister van veiligheid en sekuriteit, die minister van nywerheidsontwikkeling en handel en is in 2018 as die minister van presidensiële sake aangestel. Hy het kort daarna weens gesondheidsredes bedank.
“Namens die Namibiese volk en die regering betuig ek opregte meegevoel met sy vrou, Annalize Uri Ngatjizeko, sy kinders en sy bedroefde familie. Mag God julle vertroosting gee in hierdie moeilike tyd van hartseer,” skryf die president.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie