Netumbo verkondig kontinuïteit, Itula evangeliseer verandering
Volgende Woensdag is stemdag
Die twee presidentskandidate, wat blykbaar die grootste teenstanders is as die uitslag van verlede week se spesiale stemmery in ag geneem word, is besig met laaste pogings om kiesers te werf.
Tuyeimo Haidula en Leandrea Mouers – Swapo se presidensiële kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die naweek gesê korrupsie is die grootste bedreiging vir die samelewing, terwyl haar teenstander Panduleni Itula van die Independent Patriots for Change (IPC) aangevoer het dat elke stem vir Swapo ’n stem vir korrupsie, hongersnood en armoede is.
In ’n toespraak op Eenhana het Nandi-Ndaitwah gesê dat korrupsie dienslewering kniehalter en die harde werk van die vryheidsvegters vernietig.
“Ons geskiedenis is glorieryk. Ons sal hierdie reis saam voortsit,” het sy gesê.
Sy het ook aan die groot skare gesê Swapo het goed gevaar as Namibië se regerende party vir die afgelope 34 jaar en dat die party beplan om so voort te gaan indien hulle nog vyf jaar gegee word om die land te regeer.
Sy het Ohangwenastreek en die skare geloof as bewys dat die streek, wat sy as die geboorteplek van vryheidsvegters-helde en dapper vegters bestempel het, ’n Swapo-vesting is.
“Uit die Ohangwenastreek se geledere het die ontslape vryheidsvegters soos Nathanael Maxuilili, Eliaser Tuhadeleni, bekend as Kaxumba KaNdola, Simon Hafeni (Mzee) Kaukungwa en die afgetrede weermaghoof Epaphras Denga Ndaitwah [haar man] en ander veterane van die vryheidstryd gekom. Ons wil hulle nie verraai nie,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
Sy het die aanwesiges aangesê om die “Swapo-evangelie” te verkondig en die goeie werk wat die party oor die jare gedoen het, soos om die Covid-19-pandemie te oorkom, te versprei.
Nandi-Ndaitwah het gesê hoewel waterskaarste ’n uitdaging bly weens herhalende droogtes, het die regering boorgate geboor, maar in baie gevalle is die ondergrondse water óf te sout óf onvoldoende.
Sy het gesê Ohangwena is bestem om “Namibië groen te maak” vanweë sy akwifer, ’n ondergrondse waterbron wat sowat ’n dekade gelede ontdek is.
STEM HONGER UIT
Itula het sy ondersteuners versoek om vir hom te stem en in die proses honger en armoede uit te stem.
“As iemand uitgaan en vir Swapo stem, stem jy vir korrupsie, jy stem vir Fishrot, jy stem vir die diefstal van ons hulpbronne, jy stem vir werkloosheid, jy stem vir ‘kambashus’ om aan te hou brand, jy stem vir honger en armoede.
“Dit is Swapo se handelsmerk en ons kan nie toelaat dat ons landsburgers daarvoor stem nie,” het hy gesê.
“Maak seker dat julle op 28 November gereed is om daardie kurkprop uit die sjampagnebottel te trek en die oorwinning te vier. Maar dan, ná die oorwinning, gaan dit ’n moeisame taak wees om die gemors wat Swapo oor 34 jaar geskep het, skoon te maak.”
Sy eerste opdrag as die verkose president, het Itula gesê, sal wees om alle regeringsministeries en -agentskappe te vra om binne twee weke ’n statusverslag van hul bedrywighede te verskaf.
“Ons sal die ministerie van finansies vra om rekenskap te gee van elke sent wat elke minister tydens hierdie veldtog bestee het om te reis.
“Ons sal ook seker maak dat elke ministerie vir ons insig gee wat daar plaasvind het sodat ons dit kan belyn met ons voorstelle in ons manifes.”
Itula het ook gesê hulle sal nie ’n kabinet saamstel wat net uit IPC-lede bestaan nie.
“Die IPC het nie al die mense wat het wat nodig is om hierdie land te regeer nie. Ons sal in elke politieke party kyk, mits jy skoon is, nie met korrupsie geassosieer word nie, nie met stamgebondenheid geassosieer word nie; jy Namibië op die hart dra en bereid is om hard te werk,” het hy gesê.
“Ook mits jy bereid is om ’n salaris te kry en jou eie kar te koop. Ons sal vir jou geen motors in ons regering gee nie.”
#NamibiaDecides2024
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie