eLECTIONS
eLECTIONS

Meer as 500 000 kiesers reeds geregistreer

Nog 1,2 miljoen om te gaan
Dit is 'n gemiddeld van 28 211 registrasies per dag oor 'n tydperk van drie weke, sê die ECN.
Jemima Beukes
Altesaam 536 202 stemgeregtigde Namibiërs het reeds tussen 3 en 22 Junie geregistreer om hul stemme in die komende nasionale verkiesing op 27 November vanjaar uit te bring.

Dit is volgens ’n verklaring wat die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) verlede week uitgereik het.

Die ECN sê die syfer sluit beide kiesers in wat binne die land geregistreer het asook by sendings in die buiteland. Dit kom neer op ’n gemiddeld van 28 211 registrasies per dag vir dié tydperk.

Die Khomasstreek het die meeste nuwe kiesers (109 058) in dié tydperk geregistreer, Ohangwena die tweede meeste met 56 524 en Omusati 52 142.

Die Erongostreek het 50 090 kiesers geregistreer, en Oshana en Oshikoto met onderskeidelik 46 315 en 39 088.

Die streek wat tot dusver die laagste kieserregistrasie aangeteken het, is die Zambezistreek met 16 209. Daarbenewens het 918 Namibiërs in die buiteland geregistreer.

UITDAGINGS

Die ECN het alle stemgeregtigde Namibiese burgers wat nog nie geregistreer het nie, versoek om dit te doen en sodoende hul deelname aan die komende verkiesing te verseker.

“Die nasie word hiermee ingelig dat die algemene registrasie van kiesers oraloor die land en by alle Namibiese diplomatieke missies in die buiteland van Maandag tot Saterdag voortduur.

“Die kommissie herinner en doen dus ’n beroep op alle stemgeregdigde kiesers wat nog nie geregistreer het nie, om dit so gou moontlik te doen.”

Die registrasieveldtog het op 3 Junie begin en duur tot 1 Augustus.

Die nuwe registrasiesyfer volg op ’n stadige begin wat ’n week gelede aangemeld is, met sommige diplomatieke missies wat uitdagings rapporteer, insluitend die lang afstande wat sommige mense moet aflê om te registreer.

Nog ’n uitdaging is dat mense nie weet waar om in hul kiesafdelings te registreer nie of dat hulle aanmeld by liggings waar die ECN-spanne nog nie teenwoordig is nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Leicester City 1 vs 3 Nottingham Forest LaLiga: Espanyol 0 vs 2 Sevilla SerieA: Torino 1 vs 0 Como | Udinese 2 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion English Championship: Portsmouth 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.94 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.4 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.2 | USD to NGN 1634.69 | USD to ZAR 17.65 | USD to ZMW 26.55 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1878.14 Down -0.19% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14181.53 Up +0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30552.82 Up +0.46% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9844.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 747.22/OZ UP +0.49% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 116.50/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 76.05/BBP UP +1.80% | Platinum US$ 1 024.42/OZ DOWN -0.002 #N/A