Mbumba doen beroep op ’n vreedsame verkiesing
Namibiërs moet ‘demokratiese tradisies handhaaf’
Die president het Namibiërs versoek om nie die land se onafhanklikheid as vanselfsprekend te aanvaar nie.
Mathias Haufiku en Augetto Graig – President Nangolo Mbumba het Namibiërs versoek om demokratiese tradisies te handhaaf terwyl hulle vir môre se nasionale verkiesing voorberei.
Mbumba het dit gister gesê in ’n verklaring wat uitgereik is om Namibiërs sterkte toe te wens vir die Nasionale Vergadering- en presidensiële verkiesings. Hy het ook beklemtoon dat “ons land die onderwerp van intensiewe waarneming sal wees op stemdag en in die dae daarna”.
“Ek doen ’n beroep op julle, my medeburgers, om die demokratiese tradisies wat ons vasgelê het te handhaaf deur in groot getalle op te daag om te stem vir die leiers aan wie julle die agste regering van die Republiek van Namibië wil toevertrou. Op nasionale stemdag nooi ek julle uit, my liewe volksgenote, om jou stemreg uit te oefen.
“Jou deelname aan die agste presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesing sal jou individuele bydrae wees tot die stabiliteit van ons land, die konsolidasie van ons demokrasie en die ontwikkeling van ons moederland. Ek doen ’n beroep op julle om dit te doen in ’n klimaat wat kalm, vreedsaam en respekvol teenoor mekaar, die betrokke owerhede en die wette van Namibië is,” het Mbumba gesê.
Hy het ook gesê Namibiërs moet met hul kultuur en tradisie van vreedsame demokratiese verkiesings voortgaan terwyl die land die finale en kritieke fase van die stemproses nader.
“Ons onafhanklikheid en ons stemreg om ons eie lot as ’n nasie te bepaal, was die resultaat van ’n lang en bitter nasionale stryd om vryheid. Dis ’n reg wat ons nie as vanselfsprekend moet aanvaar nie.”
Hy het ook leiers van politieke partye en die breër Namibiërs geprys omdat hulle hulself ordelik gedra het gedurende die veldtogperiode oraloor ons land.
“Jou optrede en die klimaat waarin jy vrylik veldtogte gevoer het en jou mening ten gunste van jou politieke partye uitgespreek het, is weer eens ’n voorbeeld van die sterkte van die fondamente van ons demokrasie.
“Ek wil dus alle politieke partye, hul leiers, hul rangorde en al die relevante belanghebbendes, insluitend sendings vir verkiesingswaarneming in die land bedank vir die suksesvolle afsluiting van al die verkiesingsaktiwiteite voor nasionale stemdag,” het hy gesê.
Ek wil ons wetstoepassingsagentskappe bedank wat Namibiërs en besoekers gedurende die veldtogtydperk veilig hou, het hy ook bygevoeg.
STEMDAG
Voorbereidings vir môre se nasionale verkiesing woed oraloor die land, met 17 684 verkiesingsbeamptes wat reeds teen Saterdag by hul stemlokale moes aanmeld om 2 521 stemlokale te beman.
Saam met twee polisiebeamptes per span moet hulle vandag en môre toesien dat dié stemlokale gereed is vir die eerste kiesers om teen seweuur môreoggend hul stem te kan uitbring.
Die uitvoerende hoof van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), Petrus Shaama, het Vrydag internasionale en plaaslike verkiesingswaarnemers ingelig oor prestasies en uitdagings tot dusver, in die aanloop tot stemdag.
Die voorverkiesingsfase is heeltemal voltooi, het hy aan hulle gesê, met die verkiesingsfase wat toe reeds 85% voltooi is, en die fase ná die verkiesings is gereed om volgende maand af te skop.
Die ECN se beroep op private eienaars om voertuie, tente, kragopwekkers, tafels en stoele by hulle te huur om op stemdag te gebruik, het egter eers Saterdag geëindig.
Die woordvoerder van die ECN, De Wet Siluka, het Sondag bevestig dat die kommissie die meerderheid van die 2 195 voertuie wat benodig is, verseker het. In die Zambezi- en Hardapstreek is die sperdatum egter uitgestel om nog 45 voertuie in beide streek van private eienaars te kan huur.
Gister het daar steeds ongelukkigheid geheers oor die tariewe waarteen die voertuie in Hardap gehuur sou word, met van die betrokke eienaars wat gesê het hulle sal teen N$1 350 per dag vir alle tipe voertuie, insluitend 4x4-motors, slegs N$1 000 teen die einde van die veldtog is hul sak kan steek, as niks verkeerd loop nie.
In terme van die huur van 360 tente, 787 kragopwekkers, 3 091 tafels en 7 342 stoele wat teen 20 November nog uitstaande was, sê Siluka dat die ECN nou dié items verseker het.
Tot 90% van die 1 615 910 stemgeregtigde kiesers – spesifiek 1 449 569 – het geregistreer om môre te stem. Stemkaarte is van uiterste belang vir diegene wat in die rye gaan staan, het hy beklemtoon.
Generaal-majoor Elias Mutota, die adjunk-inspekteur-generaal verantwoordelik vir operasies, het ook Vrydag gesê die Namibiese polisie is gereed vir stemdag.
Mutota sê 4 677 polisiebeamptes word ontplooi om wet en orde tydens die stemproses te handhaaf. Elke streek sal bykomende roetine-patrollies uitvoer en spanne gereed hou om voorvalle te ondersoek, onder die koördinering van 14 streeksentrums.
Vanaf 3 November en tot 2 Desember het Nampol reeds ’n nasionale misdaadvoorkomingsveldtog van stapel gestuur. Alle stemmateriaal sal volgens die polisiehoof op Maandag 2 Desember aan die ECN se hoofkantoor terugbesorg word.
“Moenie die huis onbewaak laat nie. Moenie alkohol inneem wanneer jy gaan stem nie. Die streekbevelvoerder sal wet en orde handhaaf tot ná die uitslae aankondig .
“Daar is ’n gedragskode. Op 27 November mag niemand aantrek om te wys aan watter party hulle behoort nie. Die verkiesingsveldtogte het geëindig en ons moet nou vreedsaam stem. Moet asseblief nie in politieke partyklere opdaag nie,” het hy sê.
#NamibiaDecides2024

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie