BRING IT ON: Leaked screenshots from the City of Windhoek WhatsApp group. PHOTO: CONTRIBUTED
BRING IT ON: Leaked screenshots from the City of Windhoek WhatsApp group. PHOTO: CONTRIBUTED

LPM se Skrywer beledig mederaadslede

WhatsApp-skermgrepe aan media uitgelek
Die sluier is gelig oor die politieke gekibbel tussen die munisipaliteit van Windhoek se raadslede.
Tanja Bause
Jemima Beukes – Uitgelekte WhatsApp-skermgrepe het die sluier gelig oor die politieke gekibbel tussen die munisipaliteit van Windhoek se raadslede, met ’n raadslid van die Landless People's Movement, mnr. Ivan Skrywer, wat sy mederaadslede beledig het.

Dit tydens ’n gesprek wat blykbaar oor die aanstelling van mnr. Conrad Lutombi as die stad se uitvoerende hoof gehandel het.

Skrywer het ’n raadslid van die Independent Patriots for Change (IPC), mnr. Bernardus Araeb, daarvan beskuldig dat hy die Windhoekse burgemeester, me. Sade Gawanas, valslik beskuldig het. Volgens Araeb het sy vir die groep gejok oor sake wat met Lutombi se aanstelling verband hou, insluitend inligting wat aan mnr. Erastus Uutoni, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, verskaf is.

Die minister het die burgemeester gevra om die bevindinge van ’n beweerde ondersoek na beweerde onreëlmatighede rondom die werwingsproses van die uitvoerende hoof aan hom te verskaf. Voor dit het die burgemeester egter aan die media gesê dié bevindinge is reeds aan die minister voorgelê.

Ingeligtes het ook aan die media gesê geen ondersoek is na hierdie bewerings van stapel gestuur nie.

DRIFTIGE BELEDIGINGS

Dit blyk op die WhatsApp-groep of Araeb die mediaberigte gedeel het en dit is wat Skrywer ontstel het.

Skrywer het ook vir die voormalige burgemeester, me. Fransina Kahungu, wat probeer het om die situasie te ontlont, gesê: “Gaan hel toe”, terwyl hy geïmpliseer het dat Araeb ’n bitter en jaloerse 60-jarige man is met geen rigting.

Hy het toe ’n foto van Gawanas opgelaai wat ’n burgemeestersgeleentheid en paneelbespreking in Johannesburg in Suid-Afrika bywoon het.

”Ek sal binnekort die skakel na die burgemeester se paneelbespreking deel, sodat die nuttelose en bitter karakter kan sien Sade is op ’n ander vlak. ’n Plek in die lewe wat hy nooit sal bereik nie. Terwyl amptenare hier op hierdie groep is, bestempel daardie nuttelose oupa die burgemeester as ’n leuenaar. Dink julle ons moet stilbly hieroor? Dit sal nooit gebeur nie, nie terwyl ek hier is nie,” het hy geskryf.

Skrywer het ook ’n foto van homself gedeel in ’n pak en das waar hy by ’n koffietafel sit met die onderskrif: “Nuttelose Araeb, dit is die toekoms en jy is die verlede wat nooit bestaan het nie.”

Araeb het egter vir hom gesê hy moet sy woede op die media rig en nie op hom nie, aangesien hulle bloot die mediaberig gedeel het.

GESKOK

Kahungu het Sondag gesê dat Skrywer se gedrag skokkend was, want dit is nie die persoon wat sy ken nie.

Sy het wel glo ’n verandering in sy houding in die laaste paar maande opgemerk.

“Wanneer mense begin om fokus te verloor en nie hul beloftes en mandate nakom nie, dan kies hulle om op onbenullige kwessies te konsentreer. Dit is nie hoe ek hom ken nie, maar ek het opgemerk dit is die gedrag wat hy die afgelope tyd aangeneem het. Ek wil regtig hê hy moet verander en die persoon wees wat ek voorheen geken het,” het sy gesê.

Skrywer het nie op vrae gereageer wat aan hom gestuur is nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!