Kommer heers oor Nandi-Ndaitwah se gesondheid
Hekse word geblameer
Daar word bespiegel oor die Swapo-visepresident se vermoë om met die verkiesingsveldtog voort te gaan terwyl ander aanbeveel dat sy minder openbare verskynings moet maak.
Daar is toenemende kommer oor die gesondheid van Swapo se visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, veral nadat sy die afgelope naweek haar toespraak by ’n Swapo-saamtrek op Otjiwarongo moes kortknip.
Sy was besig om duisende ondersteuners toe te spreek toe sy glo skielik die podium verlaat het.
Dit het paniek onder die skare veroorsaak en die voorval het wydverspreide bespiegeling veroorsaak oor Nandi-Ndaitwah se vermoë om die strawwe verkiesingsveldtog voort te sit. Sy het gereeld onder skoot gekom oor haar vermoë om die land te lei, veral met betrekking tot haar ouderdom.
Vroeër vanjaar het haar veldtogspan haar kandidatuur verdedig en gesê kritiek oor haar ouderdom is misplaas en dat sy eerder op grond van haar vermoëns beoordeel moet word.
Minstens drie senior partyfigure het Saterdag se voorval bevestig en iemand in die party se binnekringe het Sondag bevestig dat dit nou beter met haar gaan.
“Dit gaan nou goed met haar. Ons vermoed dit was dalk moegheid wat daartoe gelei het dat sy die verhoog by die saamtrek moes verlaat. Maar daar is niks om te vrees nie, sy sal voortgaan om deur die land te toer om ondersteuning te werf.”
Daar bestaan egter steeds vrese dat die onlangse voorval die party se voortgesette aktiwiteite kan beïnvloed.
Partylede wat die saamtrek bygewoon het, beweer Nandi-Ndaitwah het tekens van fisieke spanning getoon met sommige wat haar veldtogspan aangeraai het om daaraan te werk om haar openbare verskynings te verminder.
Die voormalige minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernhard Haufiku, het Nandi-Ndaitwah die afgelope naweek behandel.
“Sy is in goeie gesondheid en het geen gesondheidsrisiko hoegenaamd om oor bekommerd te wees nie. Die visepresident was baie moeg en basies amper uitgeput.
“Moegheid en uitputting kan met enige iemand gebeur, ongeag sy of haar ouderdom of gesondheidstatus. Wat saak maak, is die werkslas wat die persoon oor tyd dra," het Haufiku gesê.
BLAMEER ‘HEKSE’
Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het die podium betree nadat Nandi-Ndaitwah haar toespraak moes kortknip.
Sy het teenstanders gewaarsku “om hul hande van Nandi-Ndaitwah af te hou”.
’n Sigbaar geïrriteerde Shaningwa het beweer daar is sommige mense wat gedreig het dat Nandi-Ndaitwah op Otjiwarongo siek sou word en sy het hulle as “hekse” bestempel.
“Julle het gesê ons visepresident sal hier siek word. Ek wil vir julle sê, julle hekse, julle moet ophou. Dit moet hier op Otjiwarongo eindig. Dit moet stop. Los haar uit. Los ons kandidaat uit. Sy is deur God gekies. Los ons leier uit,” het Shaningwa onder luide applous gesê.
Swapo se woordvoerder, Hilma Nikanor, het gesê Nandi-Ndaitwah het “haar verklaring gelewer en diegene wat daar was kan daaroor getuig”.
“Ek is trots om te sê dat die party en sy presidensiële kandidaat, dr. Netumbo Nandi-Ndaitwah, voortgaan om die party se verkiesingsveldtog te versterk,” het sy gesê.
MENSE VAL FLOU
Saterdag se voorval kom dae nadat Network Media Hub (NMH) berig het oor die gebrek aan mediese dienste soos ambulanse en mediese beroepslui by politieke saamtrekke wat mense se lewens in gevaar kan stel.
Politieke saamtrekke, veral dié wat met musiekvertonings gepaardgaan, kan tot agt uur duur.
’n Jong vrou het twee weke gelede by die Swapo-saamtrek op Omuthiya flou geword, van haar stoel afgeval en glo vir sowat 20 minute op die grond gelê voor sy mediese hulp ontvang het.
Ongeveer vier mense het na bewering flou geval by die geleentheid wat deur sowat 10 000 mense bygewoon is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie