BEYOND BORDERS: President Nangolo Mbumba registered as a voter last week. Biometric data for registered Namibian voters is currently hosted abroad. PHOTO: Namibian Presidency
BEYOND BORDERS: President Nangolo Mbumba registered as a voter last week. Biometric data for registered Namibian voters is currently hosted abroad. PHOTO: Namibian Presidency

Kiesers se biometriese data in buitelandse hande

ECN belê sowat N$185 miljoen
Die ECN se biometriese data word tans deur 'n buitelandse maatskappy Toppan Gravity gehuisves, met sy hoofkantoor in Hongkong.
Jemima Beukes
Kommer oor sekuriteit het onlangs opgeduik oor die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se biometriese data vir algemene kieserregistrasie wat reeds die afgelope 12 jaar in die buiteland gehuisves word.

Die hoofkiesbeampte van die ECN, Peter Shaama, het egter verseker dat hoewel die databasis in die buiteland gehuisves word, die data veilig is.

“Die databasis vir kieserregistrasie is nie toeganklik vir enige ongemagtigde ECN-personeel nie, ook nie vir personeel van buite nie.

“Die databasis bevat vertroulike inligting wat met kiesers verband hou en daarom verseker die kommissie dat datasekuriteit en kontrole oor privaatheid geïmplementeer word om die integriteit van die databasis te verseker,” het Shaama benadruk.

Die ECN het bevestig dat ’n tender vir die hantering van die data gedurende die 2011-’12-finansiële jaar toegeken is aan die oorspronklike verskaffer, Face Technology, wat nou handel dryf as Toppan Gravity. Toppan Gravity se hoofkantoor is in Hongkong met ’n kantoor in Suid-Afrika.

Die tender het ingesluit die verskaffing, aflewering, installering, ingebruikneming, bedryf en instandhouding van sagteware en ondersteunende infrastruktuur vir die mobiele kieserregistrasiestelsel (MVRS).

STELSEL

Shaama het gesê die stelsel is spesifiek ontwerp en ontwikkel vir die bestuur van die ECN-kieserregister en die “argitektoniese toepassing” daarvan bly lewenslank bruikbaar en kan nie net op enige mark gevind word nie.

Hy het bygevoeg dat bykomende toepassings geïnkorporeer is, insluitend kieserverifikasie, die nominasie van kandidate, die registrasie van politieke partye en organisasies en die bestuur van resultate, waarvan die meeste voorheen met die hand bedryf is.

“Dié projek is beplan om oor ’n tydperk van drie boekjare uitgevoer te word, [met] ’n totale belegging van N$185 681 634 om die versterking van ons verkiesingsdemokrasie te verseker,” het hy gesê.

Shaama het gesê die ECN het gekies om nie ’n nuwe diensverskaffer te bekom nie.

“Om die wiel weer uit te vind deur ’n nuwe verskaffer te bekom, sou nie net daartoe gelei het dat die pasgemaakte biometriese kieserregistrasiestelsel heeltemal weggegooi word nie, maar dit kon ook gelei het tot ’n situasie waar die kommissie gedwing sou gewees het om van toerusting, sagteware-installasie of dienste voorsien te word.

“Dit sou nie voldoen aan vereistes van uitruilbaarheid met die bestaande pasgemaakte stelsel nie,” het Shaama verduidelik.

Volgens Shaama is die stelsel uitsluitlik vir die ECN ontwerp en ontwikkel om dit in staat te stel om die prosesse van kieserregistrasies te bestuur en ’n geloofwaardige kieserregister te handhaaf.

Shaama het ook daarop gewys dat dit die ECN in staat gestel het om van ’n stelsel van papiergebaseerde kieserregistrasie (manual system) na ’n pasgemaakte biometriese kieserregistrasiestelsel te verander.

PLAASLIKE KAPASITEIT

Gedurende Shaama se voorganger, Theo Mujoro, se tydperk as hoofkiesbeampte, het die ECN se IT-afdeling voorgestel dat interne, of ten minste plaaslike, kapasiteit geskep word om die databasis na Namibië terug te stuur.

Hulle het glo voorgestel dat daar in opleiding en kapasiteitsbou vir die ECN-span belê word om dit in staat te stel om die stelsel intern te ontwikkel en in stand te hou.

Die departement het ook voorgestel om oopbronsagteware te gebruik om lisensiekoste te verminder en om groter aanpassings moontlik te maak om aan die spesifieke behoeftes van die ECN te voldoen.

Hulle het samewerking met plaaslike tegnologiemaatskappye en universiteite aangeraai om hul kundigheid en hulpbronne te benut.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 15 vs 64 DHL Western Province | Hollywoodbets Sharks XV 21 vs 31 Airlink Pumas | Vodacom Bulls 25 vs 13 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 25 vs 13 Suzuki Griquas Rugby World Cup U20: England U20 21 vs 13 France U20 | Australia U20 6 vs 14 Argentina U20 | Ireland U20 24 vs 38 New Zealand U20 | Italy U20 13 vs 24 Georgia U20 | Wales U20 31 vs 47 South Africa U20 | Spain U20 24 vs 19 Fiji U20 Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 34° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 17° | 30° Otjiwarongo: 11° | 29° Omaruru: 12° | 30° Windhoek: 8° | 25° Gobabis: 8° | 30° Henties Bay: 11° | 17° Wind speed: 16km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:00, High tide: 04:01, Low Tide: 22:27, High tide: 16:30 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:59, Low Tide: 22:25, High tide: 16:28 Walvis Bay: 10° | 20° Wind speed: 17km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:58, Low Tide: 22:25, High tide: 16:27 Rehoboth: 9° | 27° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 9° | 24° Aranos: 9° | 28° Lüderitz: 11° | 19° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 11° | 27° Lubumbashi: 13° | 31° Mbabane: 12° | 23° Maseru: 3° | 19° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 30° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 8° | 25° Cape Town: 9° | 15° Durban: 13° | 21° Johannesburg: 12° | 22° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 30° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23.53 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.26 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.58 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1584.2 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1757.83 Down -0.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13623.01 Up +0.20% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28783.24 Up +0.45% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.98/OZ DOWN -0.0081 | Copper US$ 4.19/lb DOWN -0.0139 | Zinc US$ 2 743.30/T DOWN -1.55% | Brent Crude Oil US$ 82.76/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 944.71/OZ DOWN -0.0261 Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 15 vs 64 DHL Western Province | Hollywoodbets Sharks XV 21 vs 31 Airlink Pumas | Vodacom Bulls 25 vs 13 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 25 vs 13 Suzuki Griquas Rugby World Cup U20: England U20 21 vs 13 France U20 | Australia U20 6 vs 14 Argentina U20 | Ireland U20 24 vs 38 New Zealand U20 | Italy U20 13 vs 24 Georgia U20 | Wales U20 31 vs 47 South Africa U20 | Spain U20 24 vs 19 Fiji U20 Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 34° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 17° | 30° Otjiwarongo: 11° | 29° Omaruru: 12° | 30° Windhoek: 8° | 25° Gobabis: 8° | 30° Henties Bay: 11° | 17° Wind speed: 16km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:00, High tide: 04:01, Low Tide: 22:27, High tide: 16:30 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:59, Low Tide: 22:25, High tide: 16:28 Walvis Bay: 10° | 20° Wind speed: 17km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:58, Low Tide: 22:25, High tide: 16:27 Rehoboth: 9° | 27° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 9° | 24° Aranos: 9° | 28° Lüderitz: 11° | 19° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 11° | 27° Lubumbashi: 13° | 31° Mbabane: 12° | 23° Maseru: 3° | 19° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 30° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 8° | 25° Cape Town: 9° | 15° Durban: 13° | 21° Johannesburg: 12° | 22° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 30° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.53 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.26 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.58 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1584.2 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1757.83 Down -0.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13623.01 Up +0.20% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28783.24 Up +0.45% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.98/OZ DOWN -0.0081 | Copper US$ 4.19/lb DOWN -0.0139 | Zinc US$ 2 743.30/T DOWN -1.55% | Brent Crude Oil US$ 82.76/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 944.71/OZ DOWN -0.0261