Ketu: Itula dreig om my nommer te blokkeer
Okalongo-sakeman terug by Swapo
Die IPC sê diegene wat nie gereed is vir verandering nie, sal die party verlaat.
Die bekende Okalongo-sakeman Josua (Ketu 2000) Mwetupunga het sy rug op die Independent Patriots for Change (IPC) gedraai en weer by Swapo aangesluit.
Mwetupunga beskuldig die leier van die IPC, dr. Panduleni Itula, daarvan dat hy gedreig het om sy nommer te blokkeer, sou Mwetupunga voortgaan om kommer te opper oor die party se beweerde “diktator”-neigings en gebrek aan verantwoordbaarheid.
Mwetupunga wat beweer dat hy die medestigter van die IPC is, was die party se kandidaat vir die Okalongo-kiesafdeling tydens die streekverkiesings in 2020. Hy het egter nie die IPC se parlementêre lys in September gehaal nie.
In sy bedankingsbrief lys Mwetupunga sewe redes waarom hy die IPC verlaat. Dit sluit in ’n beweerde gebrek aan deursigtigheid in die manier waarop die party se kieskollege die parlementêre kandidate kies.
Mwetupunga het nie die IPC se kandidatelys van 96 gehaal nie, en beskryf dit as die finale spyker in die doodskis wat gelei het tot sy besluit om uit die party te bedank.
Hy het verwys na ’n onlangse oproep met Itula waartydens laasgenoemde gedreig het om sy nommer te blokkeer as hy aanhou om raad aan die leierskap te probeer gee.
“Net soos Itula is ek ’n stigterslid van die IPC. Ek was onder diegene wat handtekeninge vir die party gaan insamel het om as ’n party by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) te registreer,” het hy aan Network Media Hub (NMH) gesê.
“Ek kan sonder vrees of voorkeur sê dat Itula ’n diktator is. Hoe kan jy ’n opposisiepartyleier wees en jy neem nie raad van dié van ons wat saam met die mense op voetsoolvlak is nie?”
Volgens Mwetupunga is hy ’n sakeman wat sy hulpbronne opgeoffer het vir die opheffing van mense en het hy ook ’n rol gespeel in die vryheidstryd van Namibië.
“Tog kan hy vir my oor die telefoon sê dat as ek nie ophou raad aan die leierskap gee nie, ek hom nie moet bel of stemnotas aan hom moet stuur nie, anders sal hy my nommer blokkeer. Watter tipe leier doen dit?”
Hy het ook daarna verwys dat hy op kiesafdelings- en streekvlak genomineer is om die party te verteenwoordig.
“Toe ons na die nasionale kieskollege in Windhoek gegaan het, is ons gedwing om net vir mense van ander streke te stem. Sê vir my, maak dit sin om vir ’n persoon te stem wie se vaardighede jy nie ken nie?
“Dis ook nie al nie, ons weet nie hoeveel stemme die wat op die lys was gekry het nie. Dit is nie regverdig nie en daarom het ek en my vrou besluit om na Swapo terug te keer.”
Toe hy gevra is of hy bitter is omdat hy nie ’n gunstige posisie op die IPC se parlementêre lys kon kry nie, het Mwetupunga gesê hy het nie by die party aangesluit vir posisies nie, maar om verandering tot voordeel van Namibiërs te bring.
In sy bedankingsbrief verwys hy ook na die beweerde gebrek aan ’n gesamentlike benadering tot besluitneming binne die leierskap van sy voormalige party.
Volgens hom is skinderpraatjies aan die orde van die dag binne die IPC en dit strek van streek- tot nasionale vlak. Mwetupunga het ’n beroep gedoen op diegene wat hy gewerf het om by die party aan te sluit om ook die IPC te verlaat en by Swapo aan te sluit.
Die IPC se woordvoerder, Immanuel Nashinge, het by navraag bevestig dat hy Mwetupunga se bedankingsbrief ontvang het, maar teruggekap teen Itula se beweerde diktator-leierskapstyl.
“Hy is nie die eerste om die beweringe van diktatorskap te maak nie, daardie beweringe is daar. Hy is nie die eerste om te gaan nie, en hy is ook nie die laaste om te gaan nie. Ons beweeg vorentoe met diegene wat Namibië wil bevry. Ons sal hom en sy nuwe vriende op die 27ste ontmoet,” het Nashinge gesê.
Volgens hom het mense vrywillig by die IPC aangesluit. Sou hulle die party wil verlaat, is dit hul demokratiese reg om dit te doen.
“Jy het gekom en as jy wil gaan, dan is dit jou demokratiese reg. Diegene wat nie gereed is vir verandering nie, sal gaan. Ons fokus op die hoofkwessie van 27 November wanneer ons vir die nasionale verkiesing gaan.”
– [email protected]
#NamibiaDecides2024

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie