ECN tevrede met spesiale stemmery
‘Oefenlopie’ vir verkiesings
Die Verkiesingskommissie meen die tekort aan stembriewe by sommige van die stemlokale was weens 'n gebrek aan kommunikasie.
Met talle wat dit as ’n oefenlopie vir die komende nasionale verkiesing op 27 November beskou, het die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) Woensdag se spesiale stemmery as ’n sukses beskryf.
Meer as 16 000 kiesers het plaaslik sowel as in die buiteland aan hierdie stemproses deelgeneem.
Die voorlopige opkoms dui daarop dat 14 203 stemme plaaslik en 2 147 stemme in die buiteland uitgebring is deur kiesers wat vir hul voorkeurkandidate en -partye in die presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesing gestem het.
Die ECN het egter gister erken dat daar ’n tekort aan stembriewe by sekere stemlokale was, maar het gesê dat die stemproses ten spyte van uitdagings suksesvol afgehandel is.
UITSLAE
Die vroeë stemuitslae wat tot dusver in verband met die spesiale stemmery vrygestel is, het verrassings in opposisiegeledere laat ontstaan aangesien die regerende party, Swapo, sy greep as die voorloper in die aanloop tot die verkiesing versterk het.
As dié uitslae enige aanduiding is van wat in die verkiesings gaan gebeur, is die wedloop in die presidensiële verkiesing moontlik tussen Swapo se kandidaat – die 72-jarige Netumbo Nandi-Ndaitwah – en die Independent Patriots for Change se 67-jarige dr. Panduleni Itula.
Terwyl Itula hoop om Swapo se magsgreep van 34 jaar te verbreek, het Nandi-Ndaitwah herhaaldelik beweer dat Swapo die enigste party is met die getuigskrifte om Namibië te regeer.
STEMMERY
Die stemlokale was Woensdag vanaf 07:00 bedrywig met lede van die veiligheidsmagte wat in lang rye moes staan om hul stemme uit te bring.
’n Aantal stemlokale was lank ná 09:00 steeds besig en sommige lokale soos die Osona-stempunt in die Omatako-kiesafdeling se laaste stem is eers omstreek 04:00 uitgebring.
“Die telproses het onmiddellik ná die sluiting van die stembusse by alle stemlokale begin en die eerste uitslae is omstreeks 00:50 in die Opuwo-kiesafdeling by die Opuwo-polisiekantoor se stemlokaal bekend gemaak.
“Die telproses en die bekendmaking van uitslae vir die Omatako-kiesafdeling is omstreeks 13:00 vanmiddag afgehandel,” het Elsie Nghikembua, die voorsitter van die ECN, gistermiddag by ’n media-inligtingsessie by die kommissie se hoofkantoor gesê.
In die Omahekestreek het daar by sommige stemlokale choas uitgebreek toe die stembriewe opgeraak het. Dit het die ECN-beamptes gedwing om bykomende stembriewe te soek om voorsiening te maak vir diegene wat opgedaag het om te stem.
Die ECN het die tekort aan stembriewe toegeskryf aan ’n gebrek aan kommunikasie. Daarmoes glo 6 203 bykomende stembriewe verkry word om die aantal kiesers wat opgedaag het, te akkommodeer. Hulle het glo verwag dat slegs 8 800 kiesers vir die spesiale stemmery sou opdaag.
“Ten spyte van die feit dat hierdie getalle nie vooraf deur die betrokke belanghebbendes aan die kommissie gekommunikeer is nie, is alle pogings aangewend om te verseker dat geen kieser van sy stemreg ontneem word nie,” het Nghikembua gesê.
Nghikembua meen dat hierdie kwessie in die toekoms vermy kan deur deurdat die ECN eerder genoeg stembriewe moet voorberei in plaas daarvan om net genoeg stembriewe te verskaf vir die aantal kiesers wat vooraf aangedui het dat hulle gaan stem.
“Hulle [die veiligheidsmagte] moes die kommissie gewaarsku het dat almal gaan stem,” het sy gesê.
Nghikembua het verder gesê dat die stemproses in die buiteland suksesvol uitgevoer is met geen voorvalle of uitdagings wat aangemeld is nie.
“Die kommissie is veral tevrede met die werkverrigting van die verbeterde kieserverifikasietoestel, wat die proses van verifikasie van kiesers aansienlik verbeter het.”
WAARNEMERS
Die spesiale stemmery het plaasgevind twee dae nadat die ondersteuningspan van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se sekretariaat in Namibië aangekom het.
Die waarnemers sal die land se fases voor die verkiesing, die stemdag- en die prosesse ná die verkiesing waarneem met die do– [email protected] om die verloop van die verkiesings te assesseer in ooreenstemming met die beginsels en riglyne van vrye, regverdige, deursigtige, geloofwaardige en vreedsame demokratiese verkiesings.
#NamibiaDecides2024
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie