ECN
ECN

ECN moet 'onafhanklike liggaam' word, sê partye

Instelling veg om sy magte te behou
Die Verkiesingskommissie het 'n voorstel van die hand gewys dat hy tydens nasionale verkiesings alle geregistreerde politieke partye en organisasies moet nooi om saam 'n drukkery te kies om die stembriewe te druk.
Yandi Du Plessis
Jemima Beukes – As die meerderheid politieke partye in Namibië hul sin kon kry, sou die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) in geheel hersien word om sy totale onafhanklikheid sowel as geloofwaardige verkiesingspeilings te verseker.

Die howe het die ECN by verskeie geleenthede aangekla oor sy hantering van verkiesings en die instelling beveel om sy stelsels te verbeter.

So ’n geval was toe dr. Panduleni Itula in 2020 die ECN se besluit om elektroniese stemtoestelle (EVM’s) – sonder ’n verifieerbare papierspoor – in 2019 se presidensiële verkiesing te gebruik, in die hof uitgedaag het.

Alhoewel die hof bevind het dat die gebruik van papierlose EVM’s ongrondwetlik was aangesien dit die skeiding van magte-leerstelling oortree het, het hy geweier om die verkiesingsuitslae nietig te verklaar, maar eerder die ECN gelas om te verseker dat ’n papierspoor-komponent in die toekoms geïnkorporeer word.

Betrokke rolspelers is ook ontevrede met die feit dat die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, die Speaker, die eerste minister en die sittende president volle beheer oor die kommissie het wat die aanstelling van kommissarisse betref.

Tydens ’n onlangse vergadering het politieke partye en burgerlikes gesê die ECN moet ’n onafhanklike liggaam word en dat beide die verkiesings- en voorsittende beamptes deur ’n onafhanklike liggaam gewerf moet word.

Hierdie voorstelle is vervat in ’n uitkomsverslag na afloop van ’n slypskool vir belanghebbendes wat die kommissie in September in die hoofstad gehou het.

SKAF AF

Nog ’n voorstel was dat die idee van presidensiële benoemdes afgeskaf word.

“Die agt benoemdes moet van opposisiepartye kom. Dit beteken die Grondwet en die Verkiesingswet moet gewysig word. Hierdie pligte moet aan die onafhanklike kommissie gegee word om parlementslede van die opposisie te benoem op grond van wie beter gevaar het,” lui die verslag.

Die ECN was egter nie ingenome met dié voorstelle nie.

Verder het die kommissie ’n voorstel van die hand gewys dat hy tydens nasionale verkiesings alle geregistreerde politieke partye en organisasies moet nooi om saam ’n drukkery te kies om die stembriewe te druk.

“Die prosedure rakende die betrokkenheid van alle politieke partye en organisasies by die drukproses van stembriewe is ingevolge die ECN se standaard bedryfsprosedures, wat met alle belanghebbendes gedeel word. Die Verkrygingswet 15 van 2015 maak verder voorsiening vir die prosedures wat gevolg moet word wanneer ’n drukkery aangestel word om die stembriewe te druk,” lui die verklaring.

ONPARTYDIGHEID IN GEDRANG

Nog ’n voorstel wat die kommissie verwerp het, was dat die amptelike politieke opposisieparty toegelaat moet word om twee kommissarisse te benoem om saam met sy vyf vaste kommissarisse as niestemgeregtigde kommissarisse te dien.

“Hierdie voorstel kan nie aanvaar word nie. Dit sal die onafhanklikheid van die kommissie en politieke onpartydigheid in die gedrang bring.

“Die huidige samestelling van vyf kommissarisse is voldoende aangesien die betrekking van politieke partye die kommissie se onpartydigheid in die gedrang sal bring. Daar is ook ’n vraag oor hoekom net opposisiepartye betrek word.”

Rolspelers het ook daarop gewys dat die ECN baie diskresionêre mag vereis, wat volgens sommiges gevaarlik kan wees. Daar is voorgestel dat die mag van die Nasionale Vergadering (NV) behou word.

Hierdie voorstel is deur die ECN aanvaar, wat aangedui het dat daar sonder die NV geen vorm van aanspreeklikheid sal wees nie.

Diegene wat die vergadering bygewoon het, was van mening dat ’n nasionale konferensie belê moet word waar alle geregistreerde politieke partye, organisasies en belanghebbendes sal “bepaal en ooreenkom oor hoe om ’n verkiesingskommissie wat ten volle onafhanklik is, te stig”.

Die ECN het egter nie dié voorstel oorweeg nie, aangesien die Verkiesingswet reeds voorsiening maak vir die aanstelling van sy lede.

‘ONS PREROGATIEF’

’n Voorstel is geopper dat daar kriteria moet wees wat die verskillende kategorieë van permanente en tydelike personeellede by die ECN reguleer, terwyl ’n rigtinggewende raamwerk vir die werwing van personeellede ook ingestel moet word.

Hierop het die ECN volgehou dat hy die prerogatief moet hê om te besluit of ’n aanstelling permanent of tydelik sal wees.

Die kommissie het bygevoeg dat hy ’n rigtinggewende beleid oor die werwing van personeellede sal hê wat hierdie kwessies duidelik uiteen sal sit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 22 vs 35 Hollywoodbets Sharks XV | NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 22 vs 35 Hollywoodbets Sharks XV | NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%