'Die eerlikes is geraak deur VK-visumvereiste'
Britse hoë komissaris sê vaarwel aan Namibië
Met sy uittrede as Britse hoë kommissaris in Namibië, deel Charles Moore sy hoogtepunte en uitdagings van die afgelope vier jaar.
"Die een ding waaroor ek spyt is, is dat die mense wat die meeste geraak is [deur die visumregime] die eerlike mense is wat van Namibië af kom – die regeringsministers, senior beamptes en opregte sakelui wat na die Verenigde Koninkryk wou reis om sake te doen wat hulle nog altyd gedoen het," het Namibië se uittredende Britse hoë kommissaris, Charles Moore, in ? onlangse onderhoud met Kletskompas gesê.
"Die enigste mense wat verloor het, was die Namibiërs wat ons eintlik wou gehad het moet na die VK toe gaan en dit is nogal ? skande. So, dit is waar die omstredenheid vandaan kom, maar ek dink ook daar is ’n misverstand. As ons dit [Namibiërs wat na die VK reis sonder visums en dan aansoek doen om asiel] in enige ander manier kon keer, sou ons dit gedoen het," het hy gesê .
Moore, Namibië se Britse hoë kommissaris van 2021 tot verlede week, lê egter klem op die Namibiese regering se onskuld in hierdie besluit en verduidelik dat dit vir hom ? uitdaging was om hierdie kwessie te hanteer, gegewe die goeie diplomatieke bande wat Namibië en die VK tot op daardie punt gehad het.
"Dit was ? uitdaging om te navigeer, maar dit is waaroor diplomasie gaan. Ons het honderde Namibiërs gehad wat sonder ? visum na die VK gegaan het en dan aansoek gedoen het om asiel en dit kos ons ? fortuin.
"Daar was geen ander manier om dit te takel as om ? visumregime af te dwing nie. Die regering hier [Namibië] verstaan dit en ons het dit gereeld bespreek. Daar was niks wat hulle kon doen nie, dit was nie hulle skuld nie. En ek dink dit is belangrik om te sê ons straf nie vir Namibië nie. Ons moes ’n praktiese maatreël tref om asielsoekers te stop."
Tydens Moore se ampstermyn as die Britse hoë kommissaris het handel tussen Namibië en die VK verdrievoudig en hy voeg by: "Daar was merkwaardige oomblikke in Namibië se geskiedenis terwyl ek hier was. Ek was hier tydens die Covid-19-pandemie, toe dr. Hage Geingob gesterf het en onlangs met die inwyding van president Netumbo Nandi-Ndaitwah."
Moore erken dat Namibië in sy hart ingekruip het en as kranige fotograaf het hy ook die Namibiese landskap as inspirasie vir sy fotografie gebruik.
"Dit was ? geweldige eer om die land te leer ken en alle dele van hierdie land te kan sien. Om rond te reis, die kulture te verstaan en die die natuurlewe af te neem was net ’n plesier. Ek het die plesier gehad om vir vier jaar hier te woon. Ek wil graag hê meer mense moet die land leer ken en kom besoek," het Moore gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie