Rehoboth woes
Rehoboth woes

Belastingpyne op Rehoboth

Raad implementeer 2013 se waardasierol
Die nuutverkose burgemeester van Rehoboth het 'n dringende vergadering belê nadat 'n herrie in die sosiale media oor verhoogde eiendomsbelasting op die dorp losgebars het.
Jemima Beukes,Tanja Bause
Jemima Beukes – Die gemeenskap van Rehoboth is ontstoke nadat die dorpsraad die sogenaamde 2013-waardasierol geïmplementeer het, wat ’n toename in eiendomsbelasting van tot 400% meegebring het.

Die gemeenskap dreig nou om die raad hof toe te sleep.

Lenny Pienaar, ’n voormalige raadslid, het gister gesê hulle het aan die raad geskryf met ‘n versoek om te vergader.

Dit weens die raad se versuim om die gemeenskap oor die nuwe tariewe in te lig en om te reageer op die vele ongerymdhede in die munisipale rekeninge.

Sondag tydens ’n gemeenskapsvergadering op die dorp om die tariewe te bespreek, het Pienaar gesê die dorpsraad se administratiewe personeel is oneerbiedig en minagtend teenoor die publiek, veral die kwesbare pensioenarisse wat antwoorde geëis het.

“Daar is reeds tariewe in die Staatskoerant gepubliseer en sover ek weet, is dié waardasierol nie goedgekeur nie. Dit was voor die hof en ons is nie bewus dat die hof die rol goedgekeur het nie. As dit wel goedgekeur is, moes dit afgeteken word en ’n kopie moes aan die raad vir veilige bewaring gegee word. Hoekom kan hulle nie vir ons bewyse gee nie?” het hy gevra.

Volgens Pienaar is daar verskeie onreëlmatighede in die toepassing van die rol, insluitend twee inwoners wat aangrensende erwe van dieselfde grootte het, maar verskillende tariewe moet betaal.

Dit terwyl die raad ook versuim het om tariewe op die werklike grootte van sommige onderverdeelde erwe te baseer.

“Ons ken nie Rehoboth se sake nie. Ek het persoonlik met mense gepraat en daar is so baie ongerymdhede oor die eiendomsbelasting. Die een man betaal N$200 en sy buurman N$900 en die man oorkant die straat betaal weer N$800 – waar is die konsekwentheid? Ek het vir hulle gevra watter formule hulle gebruik om die belasting te bepaal en hulle kon geen verduideliking gee nie.”

Die gemeenskap beplan om ’n paar vergaderings te belê sodat hulle hulself kan mobiliseer en om geld vir ’n prokureur in te samel wat die saak namens die gemeenskap kan behartig.

Hulle het dit baie duidelik gestel dat die saak nie verpolitiseer sal word nie en nie onder die vaandel van politieke partye hanteer sal word nie, maar ’n neutrale gemeenskapskwessie sal bly.

BELê VERGADERING

Die nuutverkose burgemeester van Rehoboth, Amanda Groenewaldt, het die naweek aangekondig al is die dorpsraad reeds met reses, sal ’n dringende vergadering belê word om die situasie te bespreek.

Dit nadat ’n herrie in die sosiale media losgebars het toe inwoners hul munisipale rekeninge ontvang en van die nuwe tariewe verneem het.

Die vergadering wat met die bestuursvoorsitter, Justin Coetzee, Groenewaldt, Simeon Kanime, uitvoerende hoof van die dorpsraad en die administratiewe bestuur van die raad gehou is, het na bewering bepaal dat die hof reeds die omstrede waardasierol goedgekeur het, maar dit nie vroeër geïmplementeer is nie.

“Ons het van die waardasierol van 2007 gewerk, waar sommige huiseienaars so min as N$20 per maand vir eiendomsbelasting betaal het. As huiseienaar het ek persoonlik saamgestem dat die eiendomsbelasting baie laag was, daarom kon geen ontwikkeling op die dorp plaasvind nie. Maar [ons] was dit ook eens dat die munisipale tariewe hemelhoog was, daarom het ons daardie vergadering gehou. Soos op die kennisgewing aangedui word, sal pensioenarisse ’n laer tarief betaal asook die res van die gemeenskap, behalwe ondernemings. Die 2007-koerse is regtig laag en daar moet ’n verhoging wees, maar geleidelik en nie so drasties nie, sodat ontwikkeling op Rehoboth kan begin,” het Groenewaldt gesê.

Sy het gister gesê hulle is bewus van die impak wat dit op die gemeenskap voor die Kerstyd sal hê en dat hulle dringend na oplossings soek, maar aangesien die dorspraad met reses is, kan hulle geen bindende besluite neem nie.

Inwoners sal tot 4 Januarie 2023 moet wag wanneer die raad ná die reses terugkeer vir enige besluite oor die nuwe tariewe.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

H.E. Dr Nangolo Mbumba, President of the Republic of Namibia says they will continue to pursue the second struggle of Namibia Zambian President, Hakainde Hichilema said one road will be named after the late president in Lusaka and the other road will be named after the founding president of Namibia The late President Hage Geingob’s casket was stationed at the Eternal Flame before he was taken to his final resting place The casket will of the late president was lowered with a 21 gun salute Accoutrements will be handed over to the former first lady of Monica Geingos An official luncheon by invitation is scheduled to take place at 14:00 at the State House The foreign dignataries are currently paying their last tribute to the former first lady, Monica Geingos Heroes Acre will be closed to the public, the National Council will announce once it is reopenedLaLiga: Celta Vigo 1 vs 0 Almería SerieA: SS Lazio 0 vs 1 AC Milan | Internazionale 4 vs 0 Atalanta | Sassuolo 1 vs 6 Napoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 2 vs 1 Coventry City FA Cup: Liverpool 3 vs 0 Southampton | Nottingham Forest 0 vs 1 Manchester United | Wolverhampton Wanderers 1 vs 0 Brighton & Hove Albion | Chelsea 3 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 2 vs 1 Coventry City Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 19° | 37° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 25° | 36° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 21° | 34° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:06, High tide: 07:00, Low Tide: 01:07, High tide: 19:28 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:04, High tide: 06:58, Low Tide: 01:05, High tide: 19:26 Walvis Bay: 17° | 24° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:04, High tide: 06:57, Low Tide: 01:05, High tide: 19:25 Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 23° | 37° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 23° | 36° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 31° Maseru: 13° | 32° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 18° | 28° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 19° | 26° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 16° | 31° #REF! #REF!