Tans 260 op NCS se kortlys

Augetto Graig
Die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) sê die proses vorder om bykans 16 000 kandidate – wat op ’n kortlys geplaas is om 200 poste te vul – evalueringstoetse te laat voltooi.

NCS het gister in die sosiale media ’n lys van kandidate vrygestel wat deurgedring om ’n geskrewe toets af te lê. Die opgedateerde kortlys bevat 260 name van kandidate wat vandag die toets moet aflê.

Intussen het die parlementslid en Nudo se sekretaris-generaal, Josef Kauandenge, ’n mediaverklaring uitgereik waarin hy uitwys dat die oorgrote meerderheid van die 260 kandidate glo net van een van Namibië se verskeie etniese groep afkomstig is.

Hy noem die uitkoms van die goedkeuringsproses ’n klap in die gesig van die leerstelling van “een Namibië, een nasie”.

“Ons wil verstaan hoe dit moontlik is dat uit 260 name op die kortlys, minder as 1% vanne het wat die diversiteit van Namibië – inagneming van streeknedersettings – weerspieël?

“Dit is ontstellend en dit spreek duidelik van etniese uitsluiting van die hoogste graad,” skryf hy.

Hy het op ’n verduideliking aangedring. NCS se woordvoerders het gesê ’n amptelike verklaring sal uitgereik word.

Kommentaar

Republikein 2023-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer