Skare terroriseer Lüderitz-apteker

‘Geen verdagte in ondersoek na plaaswerker se dood’
Die polisie moes gistermiddag 'n skare mense met traangas verwilder nadat hulle ure lank 'n apteker van Lüderitz as't ware in sy apteek gyselaar gehou het.
Ronelle Rademeyer
’n Woedende skare mense het gister voor Reich’s Apteek op Lüderitz saamgedrom, aan die voordeur gehamer en aangedring dat die polisie die eienaar van die apteek, mnr. Poenie van Zyl (59), in hegtenis neem.

Dit volg nadat die liggaam van die 33-jarige mnr. Edmund Mutete verlede Dinsdag sowat 48 km vanaf Lüderitz in die woestyn gevind is. Mutute was voor sy dood by hom op sy plaas sowat 200 km vanaf dié kusdorp in diens.

Adj.komm. Chrispin Mubebo, koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, het gister by navraag gesê Van Zyl is nie ’n verdagte nie. “Die polisie het nog geen verdagte nie. Die ondersoek is nog in sy kinderskoene. Die beweringe van moord het sy ontstaan in die sosiale media, dit kom nie van die polisie af nie,” was nie sy woorde.

Hy het bevestig Mutete was sedert verlede Sondag vermis, en die polisie het Dinsdag saam met sy familie op sy liggaam in die woestyn afgekom toe hulle na hom gaan soek het. “’n Nadoodse ondersoek is Vrydag in Windhoek gedoen,” sê Mubebo.

Republikein het gister met Van Zyl gepraat terwyl ’n groot skare mense buite sy apteek saamgedrom en aan die deure gepluk het om toegang te kry. Hulle het aangedring dat die polisie hom in hegtenis neem.

Hy het bevestig Mutete was kortstondig in sy diens en sê hy het ’n volledige verklaring by die polisie afgelê. Hy sê Mutete het vermoedelik aan ’n geestesongesteldheid gely en het nie medikasie gebruik het.

Mnr. Piet Esau (60), Van Zyl se plaasvoorman, het gister in ’n telefoniese onderhoud vertel Van Zyl het verlede Vrydagmiddag met Mutete op die plaas aangekom met die doel om hom in diens te neem.

“Ek het vir hom gewys waar sy huis is en het vir hom ’n pakkie rantsoenvleis gegee. Hy het dit gaargemaak, maar toe gaan gooi hy dit oor die draad en eet net die pap,” vertel Esau. “Ek weet nie hoekom hy dit gedoen het nie. Hy is ’n Wambo (Oshiwambo-sprekend) en ons kry nie mekaar nie (verstaan nie mekaar se taal nie).”

Esau vertel verder Mutete het ook aangedui hy wil nie in die huis woon wat hulle vir hom gegee het nie. “Ons het vir Josef (een van die ander plaaswerkers) geroep en hy het toe gesê die man (Mutete) sê daar is mense in die huis wat hom wil doodmaak.”

Volgens Esau het Van Zyl vir Mutete die Sondagmiddag weer saam met hom teruggeneem Lüderitz toe. Oor Van Zyl as werkgewer, het Esau gesê: “Ek werk nou sewe jaar vir hom en hy het my nog nooit skeel gekyk nie.”

Van Zyl wou nie reageer op die beweringe teen hom in die sosiale media nie en sê hy is deur sy prokureur, mnr. Louis le Grange van Keetmanshoop, aangeraai om alle navrae deur joernaliste na hom te verwys.

Le Grange sê hoewel hy self nog nie die verslag van die nadoodse ondersoek onder oë gehad het nie, was daar volgens sy inligting nie merke en beserings aan Mutute se liggaam wat op aanranding dui nie. Hy sê dit is die feite en weerspreek die beweringe van aanranding.

Mubebo het dit bevestig, maar sê aangesien die liggaam in ’n gevorderde stadium van ontbinding was, kon die oorsaak van die dood nie vasgestel word nie.

“As daar mense is met inligting wat met die ondersoek kan help, kom na vore en lê verklarings af. In hierdie stadium hanteer die polisie dit is as ’n geregtelike ondersoek en nie as ’n moord nie,” sê Mubebo.

Intussen het me. Beatrice Farmer, ’n inwoner van Lüderitz,, ná vyfuur gistermiddag laat weet die polisie het die skare met traangas verwilder. “Twee bakkies met bontpakke (lede van die spesiale veldmag) het opgedaag,” het sy in 'n teksboodskap lat weet en gesê die skare is met traangas verwilder, waarna Van Zyl deur die polisie na sy huis begelei is. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.52 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.05/OZ UP +0.18% | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0022 | Zinc US$ 2 896.10/T DOWN -0.52% | Brent Crude Oil US$ 84.77/BBP UP +0.57% | Platinum US$ 979.56/OZ UP +0.55% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.52 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.05/OZ UP +0.18% | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0022 | Zinc US$ 2 896.10/T DOWN -0.52% | Brent Crude Oil US$ 84.77/BBP UP +0.57% | Platinum US$ 979.56/OZ UP +0.55%