Seun (7) hang homself
'n Sewejarige seun het homself vanoggend by 'n huis by die munisipale plotte agter die Hakana-nedersetting sowat 'n kilometer van Omaruru opgehang. Penato Sageus, sy stiefpa en ma, sowel as sy vierjarige sussie en vyfjarige boetie, het oudergewoonte hul daaglikse inspeksie van hul bokkraal gedoen. Volgens die polisie in die Erongostreek is gevind 'n bok is geslag en uit die kraal verwyder.
Die ouers het besluit om die spore te volg en aan die drie kinders gesê om tuis te bly. Volgens die polisie het die ouers die spore gevolg tot by die Hakahana-nedersetting waar dit verdwyn het. Hulle het gevolglik teruggekeer huis toe. Omstreeks 08:00 en onderweg na die huis het die vyfjarige seun hulle geneem na 'n skaduplek gemaak uit hout waar Penato homself opgehang het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie