• Tuisblad
  • Polisie
  • #republikein: Elektroniese toestelle in jou voertuig bly sigbaar!

#republikein: Elektroniese toestelle in jou voertuig bly sigbaar!

Frank Steffen
Die publiek word dringend gewaarsku om nooit elektroniese toestelle in ’n voertuig te laat nie – maak nie saak hoe goed dit glo versteek is nie. Die hoofprobleem is dat baie mense hul toestelle nie heeltemal afskakel nie, maar dit slegs in die slaapmodus (sleep mode) plaas. Soos baie ander toepassings wat oorspronklik vir die gemeenskap se voordeel ontwikkel is, kan “BlueRadar” ook deur misdadigers misbruik word. Sodra hulle dit op hul selfoon installeer, kan hulle alle elektroniese toestelle in hul onmiddellike omgewing opspoor. Daar word nie met die toestelle verbind nie – hul blote teenwoordigheid word sigbaar. Selfs die beste wegsteekplek help dus niks nie: misdadigers kan die toestelle opspoor en weet presies in watter voertuig hulle moet inbreek.

NMH het hierdie app getoets en kan bevestig dat dit inderdaad doen wat hierbo beskryf word en in hierdie videoklip getoon word: https://q.my.na/4FUZ

Die doeltreffendste voorsorg is dus: MOENIE ELEKTRONIESE TOESTELLE IN JOU VOERTUIG AGTERLAAT NIE. Indien jy dit tog doen, wees 100% seker dat die voertuig deur duidelik identifiseerbare sekuriteitswagte bewaak word – nie deur lukrake parkeerwagte nie. Dieselfde geld uiteraard altyd vir paspoorte en ander identiteitsdokumente.

Kommentaar

Republikein 2025-09-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer