Privaat speurders soek na vermiste meisie
Namibia Investigation Services (NIS) het amptelik bevestig dat hulle hul professionele dienste op ’n pro bono-basis aan die pa en ma van die vermiste Caylie Anushé Hulme (12) aangebied het.
Die ouers, Chris en Michelle Hulme "het wettiglik die vereiste mandaat en volmag uitgevoer, wat NIS magtig om soekbystand, opsporingspogings en ondersoekondersteuning in verband met die verdwyning van hul dogter te verskaf,” lui ’n verklaring van NIS.
Caylie is op Woensdag 7 Januarie 2026 as vermis aangemeld in Oranjemund in die ||Kharasstreek nadat sy na bewering deur ’n sterk rivierstroom meegesleur is terwyl sy saam met haar broer geswem het.
Ondanks uitgebreide en gekoördineerde soekoperasies wat deur amptelike owerhede, plaaslike vrywilligers en gespesialiseerde soekspanne van Suid-Afrika uitgevoer is, is die minderjarige nog nie opgespoor nie.
“Die familie, ondersteun deur NIS, doen hiermee amptelik ’n beroep op alle lede van die publiek om op die uitkyk te wees by veral kus- en strand- en visvanggebiede, asook die kuslyn, riviere en rivieroewers.
“NIS bevestig sy voortgesette toewyding aan hierdie saak met die hoogste mate van professionaliteit, diskresie, dringendheid en bevestig sy volle samewerking met die Namibiese polisie (Nampol) en alle relevante wetstoepassings- en regeringsowerhede.”
NIS meen openbare bewustheid en onmiddellike rapportering kan deurslaggewend wees.
Enige persoon wat inligting het, ongeag hoe gering dit mag voorkom, word dringend versoek om Nampol te kontak by 10111 en/of die volgende gemagtigde privaat speurders en ondersoekers van NIS: Michael N. Nieuwoudt by +264 81 641 5364, Festus Sheetekela by +264 81 416 0489, Elias Kandi by +264 (0) 81 805 1707, Jean-Claude Mouton by +264 (0) 81 862 5097 en die hoofkantoor by +264 (0) 81 420 3637.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie