Polisie reageer op aktivis se uitlatings

Aantygings sluit sluipmoord in
Die polisie ontmoedig die publiek om vals, misleidende, ongegronde, kwaadwillige en lasterlike inligting te inisieer en te versprei.
Kristien Kruger
“Dit is jammer dat sommige inhoud van dossiere wat nog ondersoek word op sosiale media versprei word, wat daarop gemik is om die stelsels en prosesse in plek te ondermyn en met regspleging in te meng.”

So het die polisie in ’n mediaverklaring gesê wat uitgereik is in reaksie op verskeie aantygings wat die aktivis Michael Amushelelo verlede week in die sosiale media gemaak het.

In een van sy plasing op Facebook beweer hy dat “korrupte” polisiebeamptes betrokke was in die sluipmoord van vyf mense in Okahandja in ’n poging om hulle betrokkenheid in ’n dwelmsaak toe te smeer.

SKIETVOORVAL IN OKAHANDJA

Die skietvoorval waarna Amushelelo verwys, het in April 2023 plaasgevind.

Volgens die polisie het hulle inligting ontvang oor beplande rooftogte op ’n plaas in die Khomasstreek en by ֹ’n dobbelhuis in Okahandja. Die beamptes het glo die verdagtes agterna gesit en hulle op pad na die dobbelhuis doodgeskiet.

In Amushelelo se plasing het hy ’n foto van die nadoodse ondersoek aangeheg wat op een van die oorledenes uitgevoer is.

“Hy is in sy boude geskiet. Dit is onmoontlik om iemand in sy boude te skiet as hy in ’n voertuig sit. Dit ondersteun die teorie dat die mans geboei, op hulle knee laat staan en soos honde geskiet is. . .” lui die plasing.

Hy beskuldig die polisie daarvan dat hulle vir die publiek jok en dit is glo waarom niemand nog die voertuie van die polisie of die slagoffers gesien het nie.

Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, beweer die bekendmaking van inligting in die dossier van ’n saak wat nog ondersoek word, kan die stelsels en prosedures ondermyn.

“Die polisie het stelsels in plek en prosedures om te volg en hulle kan nie inligting bekend maak wat ’n ondersoek kan benadeel nie,” lui ’n polisieverklaring.

DWELMS ‘GEPLANT’

In dieselfde Facebook-plasing wat op 20 Februarie gelaai is, beskuldig Amushelelo die polisie daarvan dat hulle dwelms in die voertuig van Namcor se raadsvoorsitter, Jennifer Comalie, geplant het en dít die rede is waarom hulle die vyf mans vermoor het.

Comalie is in Maart verlede jaar in hegtenis geneem nadat die polisie ’n wenk ontvang het dat daar dwelms in haar motor is.

Amushelelo beweer dat die besturende direkteur van Namcor, Imms Mulunga, die meesterbrein agter Comalie se inhegtenisname is en dat hy twee mans die opdrag gegee het om die dwelms in haar motor te sit.

Die skietvoorval in Okahandja het plaasgevind drie weke ná die dwelms in Comalie se motor gevind is.

Die polisie het in ’n verklaring dié aantygings ontken.

“In hierdie stadium is daar geen bewyse wat daarop dui dat sekere polisiebeamptes by die voorval betrokke was nie.”

‘KOELBLOEDIGE MOORD’

“Die Namibiese polisiemag het Christian Shamwaamba koelbloedig vermoor. Die polisie in Oshikango probeer nou dié moord toesmeer. Dit is jammer dat die mense wat veronderstel is om ons te beskerm, ons nou doodmaak.”

So lui nog een van Amushelelo se sosialemediaplasings. Dit hou verband met die moord op ’n jong man wat hy beweer deur die polisie geskiet is. Hy het saam met die plasing foto’s van die liggaam gedeel.

“As jy na hierdie foto kyk is die man in die rug geskiet. Ons kan nie toelaat dat misdadigers uniforms dra en hul magte misbruik nie,”lui die plasing van 15 Februarie.

Die polisie het enige betrokkenheid in die voorval ontken.

“Die voorval het op Angola se grondgebied plaasgevind en die Angolese polisie ondersoek die saak. Geen lid van die Namibiese polisiemag was by die voorval betrokke nie.”

ONWELVOEGLIKE FOTO’S

Die polisieverklaring waarsku ook die publiek om nie onwelvoeglike foto’s op sosiale media te versprei nie.

“Die Namibiese Grondwet stipuleer dat elke persoon die reg op vryheid van spraak en uitdrukking sal hê. Nietemin is die waardigheid en privaatheid van individue in Namibië beide grondwetlik verskans en beskermde regte, selfs van die wat reeds dood is.”

“Ons doen ’n beroep op alle vredeliewende Namibiërs om op te hou om enige onwelvoeglike of sensitiewe foto’s of materiaal te sirkuleer of te publiseer, aangesien dit in stryd kan wees met ander mense se regte en die wette van die land.”

Die polisie ontmoedig die publiek om vals, misleidende, ongegronde, kwaadwillige en lasterlike inligting te inisieer en te versprei.

Die publiek word verder aangemoedig om inligting van die betrokke owerhede te verifieer en te bevestig voordat stories gepubliseer word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 15 vs 64 DHL Western Province | Hollywoodbets Sharks XV 21 vs 31 Airlink Pumas | Vodacom Bulls 25 vs 13 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 25 vs 13 Suzuki Griquas Rugby World Cup U20: England U20 21 vs 13 France U20 | Australia U20 6 vs 14 Argentina U20 | Ireland U20 24 vs 38 New Zealand U20 | Italy U20 13 vs 24 Georgia U20 | Wales U20 31 vs 47 South Africa U20 | Spain U20 24 vs 19 Fiji U20 Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 34° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 17° | 30° Otjiwarongo: 11° | 29° Omaruru: 12° | 30° Windhoek: 8° | 25° Gobabis: 8° | 30° Henties Bay: 11° | 17° Wind speed: 16km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:00, High tide: 04:01, Low Tide: 22:27, High tide: 16:30 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:59, Low Tide: 22:25, High tide: 16:28 Walvis Bay: 10° | 20° Wind speed: 17km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:58, Low Tide: 22:25, High tide: 16:27 Rehoboth: 9° | 27° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 9° | 24° Aranos: 9° | 28° Lüderitz: 11° | 19° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 11° | 27° Lubumbashi: 13° | 31° Mbabane: 12° | 23° Maseru: 3° | 19° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 30° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 8° | 25° Cape Town: 9° | 15° Durban: 13° | 21° Johannesburg: 12° | 22° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 30° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.26 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.58 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1584.2 | USD to ZAR 18.25 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1757.83 Down -0.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13623.01 Up +0.20% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28783.24 Up +0.45% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.84/OZ DOWN -0.0074 | Copper US$ 4.20/lb DOWN -0.0132 | Zinc US$ 2 754.30/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 82.48/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 945.50/OZ DOWN -0.0253 Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 15 vs 64 DHL Western Province | Hollywoodbets Sharks XV 21 vs 31 Airlink Pumas | Vodacom Bulls 25 vs 13 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 25 vs 13 Suzuki Griquas Rugby World Cup U20: England U20 21 vs 13 France U20 | Australia U20 6 vs 14 Argentina U20 | Ireland U20 24 vs 38 New Zealand U20 | Italy U20 13 vs 24 Georgia U20 | Wales U20 31 vs 47 South Africa U20 | Spain U20 24 vs 19 Fiji U20 Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 34° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 17° | 30° Otjiwarongo: 11° | 29° Omaruru: 12° | 30° Windhoek: 8° | 25° Gobabis: 8° | 30° Henties Bay: 11° | 17° Wind speed: 16km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:00, High tide: 04:01, Low Tide: 22:27, High tide: 16:30 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 15km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:59, Low Tide: 22:25, High tide: 16:28 Walvis Bay: 10° | 20° Wind speed: 17km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:58, High tide: 03:58, Low Tide: 22:25, High tide: 16:27 Rehoboth: 9° | 27° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 9° | 24° Aranos: 9° | 28° Lüderitz: 11° | 19° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 11° | 27° Lubumbashi: 13° | 31° Mbabane: 12° | 23° Maseru: 3° | 19° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 30° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 8° | 25° Cape Town: 9° | 15° Durban: 13° | 21° Johannesburg: 12° | 22° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 30° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.28 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.26 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.58 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1584.2 | USD to ZAR 18.25 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1757.83 Down -0.25% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13623.01 Up +0.20% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28783.24 Up +0.45% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.84/OZ DOWN -0.0074 | Copper US$ 4.20/lb DOWN -0.0132 | Zinc US$ 2 754.30/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 82.48/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 945.50/OZ DOWN -0.0253