PAS IN: Polisiehoof betrokke in noodlottige ongeluk
Die polisiehoof, inspekteur-generaal, Joseph Shikongo was betrokke by 'n motorongeluk waar drie mense hul lewens verloor het. Dit is bevestig deur die polisiewoordvoerder, Kauna Shikwambi, wat aan ‘n Namibia Media Holding (NMH) joernalis gesê het dat besonderhede oor die ongeluk steeds onduidelik is en dat ‘n gedetailleerde verslag later uitgegee sal word. Dit word egter bevestig dat die ongeluk gisteraand in die Ondangwa-jurisdiksie gebeur het toe Shikongo se private voertuig met 'n sedan gebots het waarin drie mense hul lewens verloor het. Shikongo is na die MediPark-hospitaal in Ongwediva gehaas, en is in 'n stabiele toestand.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie