PAS IN: Lichtenstrasser se dood bevestig
Die woordvoerder van die Namibiese Korrektiewe Dienste, kommissaris Sam Shaalulange, het bevestig dat Ernst Lichtenstrasser (64) vanoggend omstreeks 07:30 dood aangetref is by die Windhoek Korrektiewe geriewe in die hoofstad. Volgens hom is beweringe dat Lictenstrasser selfdood gepleeg het, nog nie bevestig nie. Lichtenstrasser is in April 2024 tot dubbele lewenslange vonnisse gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moorde op twee bestuurders van die Namibiese Instituut vir Mynboutegnologie (NIMT).


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie