Ouma ry per ongeluk oor kleinseun
'n Sewe-en-sestigjarige vrou het gister per ongeluk oor haar 11 maande oue kleinseun by die Onalunike-nedersetting in die Omuthiya-distrik in Oshikoto gery. Volgens die polisie in die streek het die vrou by haar huis agteruit gery, toe sy besef sy het oor iets gery. Toe sy uitklim, het sy gesien dit was haar kleinseun Florence Ngwedha. Die seuntjie is na die staatshospitaal op Omuthiya gebring waar hy met sy aankoms dood verklaar is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie