Police conduct
Police conduct

Opname: Namibiërs nie tevrede met polisiegedrag

‘Gemengde terugvoer’
Luidens die verslag het 32% van Namibiërs gesê hulle beskou die meeste of alle polisie as korrup, terwyl 64% gesê het dat hulle die polisie ietwat of baie vertrou.
Tanja Bause
Ellanie Smit - Slegs 33% van Namibiërs glo dat die polisie "dikwels" of "altyd" op 'n professionele wyse optree en alle burgers se regte respekteer, het 'n Afrobarometer-opname bevind.

“Die feit dat slegs ’n minderheid dink die polisie werk in die algemeen op ’n professionele wyse en respekteer alle burgers se regte, dui algeheel op blywende uitdagings vir ’n mag wat die taak het om respek vir wet en orde af te dwing – en te modelleer –,” lui die verslag.

Die Afrobarometer-verslag, getiteld “Namibians see police falling short of professional conduct and respect for citizens’ rights”, berig oor opnameresultate wat toon dat 'n groeiende aantal Namibiërs onveilig voel in hul huise en woonbuurte en dink die regering moet 'n beter poging aanwend om misdaad te verminder.

Meer as die helfte van Namibiërs wat aan die opname deelgeneem het, het onveilig gevoel om in hul woonbuurt te loop (59%) en minstens een keer gedurende die jaar voor die opname misdaad gevrees (52%).

Boonop het gevoelens van onsekerheid en vrees die afgelope dekade skerp toegeneem en is dit baie meer algemeen onder stedelike inwoners en arm burgers as hul landelike en meer welaf eweknieë, luidens die opname.

VERTROUE

Die polisie het “gemengde resensies” ontvang, lui die verslag.

“Onder burgers wat interaksie met hulle gehad het, sê 'n meerderheid hulle het nie ’n probleem gehad om hulp te verkry nie, terwyl ongeveer een uit elke vyf sê hulle moes omkoopgeld betaal of 'n geskenk gee. ’n Aansienlike minderheid van Namibiërs beskou korrupsie as endemies in die polisiemag, hoewel ander staatsinstellings slegter vaar.”

Die verslag het bygevoeg “die meeste burgers het vertroue in die polisie uitgespreek en vertrou dat hulle aanmeldings van geslagsgeweld ernstig opneem. Maar meerderhede is ook krities oor polisiegedrag, insluitend hul vermeende deelname – ten minste soms – aan misdrywe en hul gebruik van oormatige geweld in die hantering van betogers en vermeende misdadigers.”

'n Meerderheid van Namibiërs (57%) was krities oor die regering se sukses met misdaadbekamping.

Slegs 42% het geglo die regering vaar redelik goed in hierdie verband.

PROBLEME

Altesaam 29% het gesê hulle het polisiebystand gevra gedurende die jaar voor die opname, terwyl 43% in ander situasies soos kontrolepunte, tydens identiteitskontroles, padblokkades of tydens 'n ondersoek met die polisie te doen gekry het.

“Onder diegene wat polisiehulp gevra het, sê 38% dit was moeilik om die polisiebystand te kry wat hulle nodig gehad het, en 18% sê hulle moes omkoopgeld betaal.”

Die verslag het bygevoeg onder diegene wat die polisie in ander situasies teëgekom het, het 19% gesê hulle moes omkoopgeld betaal om probleme te vermy.

Verder het 32% van Namibiërs gesê hulle beskou die meeste of alle polisie as korrup, terwyl 64% gesê het dat hulle die polisie ietwat of baie vertrou.

'n Meerderheid van Namibiërs het gesê hulle glo polisiebeamptes is betrokke by onvanpaste en selfs onwettige aktiwiteite.

INTERAKSIES

Altesaam 73% het gesê die polisie gebruik ten minste soms buitensporige geweld wanneer hulle met vermeende misdadigers te doen kry, insluitend 38% wat gesê het dit gebeur dikwels of altyd.

Intussen het 65% van die respondente gesê die polisie is betrokke by misdrywe, insluitend 28% wat gesê het hulle dink dit gebeur gereeld.

'n Verdere 28% van Namibiërs het gesê die polisie gebruik gereeld buitensporige geweld om betogings onder beheer te kry, benewens 34% wat gesê het dit gebeur net soms.

En meer as die helfte (55%) het gesê die polisie stop motoriste “soms”, “dikwels” of “altyd” sonder goeie rede.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%