Die waarnemende inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, generaal-majoor Anne-Marie Nainda. FOTO DESMARIUS HANSEN
Die waarnemende inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, generaal-majoor Anne-Marie Nainda. FOTO DESMARIUS HANSEN

Net 15 vuurwapens ingehandig

-
-
Desmarius Hansen

Namibië het tydens sy jaarlikse amnestieveldtog vir vuurwapens ’n skerp afname in die vrywillige oorhandiging van vuurwapens getoon. 

Volgens die polisie se waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, is net 15 vuurwapens tydens die amnestieveldtog ingehandig, teenoor die 86 van verlede jaar. Die veldtog duur jaarliks van 1 tot 30 September. 

Volgens streeksyfers is vier handgranate en 298 patrone ingehandig. In die Omusatistreek is twee vuurwapens, 162 patrone en vier handgranate ingehandig, terwyl vyf vuurwapens en 71 patrone in Erongo inghandig is. In Oshikoto is vyf vuurwapens en 55 patrone ingehandig. 

In Omaheke is twee vuurwapens en in Otjozondjupa is slegs een vuurwapen ingehandig. In Oshana is net slegs patrone en geen vuurwapens aan die polisie oorhandig nie. In agt van Namibië se 14 polisiestreke is geen items ingelewer nie en wat Khomas en die hoofstad Windhoek, insluit. 

Tydens verlede jaar se amnestieveldtog is 86 vuurwapens, 3 171 patrone en 22 wapenmagasyne by die polisie ingehandig. 

– [email protected].

Kommentaar

Republikein 2026-10-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer