Prisons boss Raphael Hamunyela. PHOTO: Contributed
Prisons boss Raphael Hamunyela. PHOTO: Contributed

Geen 'Ludwigsdorf' in selle

HOOFREDAKASIE
Die Namibiese korrektiewe dienste se kommissaris-generaal Raphael Hamunyela het dit duidelik aan die Fishrot-beskuldiges gestel daar is geen 'Ludwigsdorf' in die tronk nie. Die beskuldigdes het die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha genader met 'n klagte dat hulle na 'gemeenskaplike selle' by die Windhoekse korrektiewe geriewe oorgeplaas word.

Twee van die beskuldigdes in die omkoop- en viskwotaskandaal, die voormalige minister van justisie Sackeus Shanghala en sy sakevennoot James Hatuikulipi het in 'n brief aan Dyakugha gevra vir sy dringende ingryping om te verseker dat geen van die tien beskuldigdes na die deel van die geriewe oorgeplaas word wat algemeen beskryf word as waar "algemene misdadigers" gehou word.

Volgens Republikein se susterskoerant Namibian Sun gaan die Fishrot-beskuldigdes, met die uitsondering van Shanghala en die voormalige minister van visserye Bernhardt Esau, oorgeplaas word van die minder chaotiese C-afdeling van die tronk na die afdeling waar 'algemene misdadigers' aangehou word.

"Ek is ingelig dat die kommissarisse ongemagtigde sagteware en toestelle op die rekenaars van twee van die Fishrot-verdagtes gekry het. Dit is egter nie op dié klaers (Shanghala en Hatuikulipi gevind nie,” het Dyakugha gesê wat die Fishrot-beskuldigdes in November verlede jaar besoek het.

Volgens 'n brief wat hy aan korrektiewe dienste geskryf het, het die ontdekking van die toestelle daartoe gelei dat owerhede by die gevangenis 'n "groepstraf" toepas op selfs dié wat niks daarmee te doen gehad het nie en wat hy as "arbitrêr, irrasioneel en onregverdig” beskryf het.

"Die klaers voel ook die veiligheid van die Fishrot-beskuldigdes is 'n ernstige bron van kommer, weens die sensitiewe aard van die saak, wat vanuit 'n regsoogpunt beide polities en ekonomies sensitief is. Om hulle daarom saam met algemene verhoorafwagtendes te plaas, sal gevaar vir hul persoonlike veiligheid inhou en die vertroulikheid van hul saak sal in die slag bly," het Dyakugha in die brief geskryf.

Volgens hom is dit algemene kennis dat baie gemeenskapslede die Fishrot-beskuldigdes beskou as die primêre oorsaak van die werksverliese, sterftes en ellende wat baie families in die visbedryf ervaar het. Daarom ook die behoefte om hulle in die tronk te beskerm.

"Verder het hulle volumes rekords wat in hul onderskeie enkelselle gehou word en wat vertroulike inligting vir hul verhoor bevat. Die bewaring hiervan is daarom noodsaaklik om te verseker niemand lees dit of verwyder 'n enkele bladsy om te verseker hulle het 'n regverdige verhoor," skryf die ombudsman.

Hamunyela het by navraag deur die Namibian Sun oor hoe korrektiewe geriewe bestuur word - ingesluit die toekenning van selle en afdelings - gesê dit val alles onder een vaandel.

"Wanneer jy aangehoudenes na ons geriewe stuur, of hulle skuldig bevind of verhoorafwagtend is, geld ons reëls. Die polisie en ander kan nie kom en dikteer wie moet waar geplaas word nie," het hy gesê.

"Volgens ons reëls moet ekstra veiligheid toegeken word aan gevangenes wat in die polisie, weermag, korrektiewe dienste of kabinet gedien het. Dit is hoekom twee van die Fishrot-beskuldigdes (Shanghala en Esau) sal bly waar hulle is. Ons kyk nie na hoeveel geld jy het of waar jy gebly het voordat jy gearresteer is nie. Of jy in Ludwigsdorf of Wanaheda gebly het, maak geen verskil aan ons nie. Ons het nie Ludwigsdorf of Katutura in die korrektiewe dienste nie. Wanneer jy hier is, is jy gelyk aan al die ander hier. As jy nie saam met arm mense wil bly nie, is dit op jou." - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 1 vs 0 Crystal Palace LaLiga: Valencia 2 vs 3 Las Palmas SerieA: Hellas Verona 0 vs 3 Monza European Championships Qualifying: Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion | Queens Park Rangers 1 vs 1 Coventry City | Stoke City 2 vs 2 Bristol City | Sheffield Wednesday 0 vs 0 Swansea City | Preston North End 2 vs 2 Norwich City | Oxford United 1 vs 1 Derby County | Leeds United 2 vs 1 Watford | Cardiff City 2 vs 0 Portsmouth English Championship: Middlesbrough 1 vs 0 Sheffield United | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Luton Town 1 vs 2 Sunderland | Hull City 1 vs 1 Burnley | Blackburn Rovers 0 vs 0 West Bromwich Albion | Queens Park Rangers 1 vs 1 Coventry City | Stoke City 2 vs 2 Bristol City | Sheffield Wednesday 0 vs 0 Swansea City | Preston North End 2 vs 2 Norwich City | Oxford United 1 vs 1 Derby County | Leeds United 2 vs 1 Watford | Cardiff City 2 vs 0 Portsmouth #N/A Currency: GBP to NAD 22.89 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.69 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.09 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.92 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.42 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 129.18 | USD to NGN 1650.66 | USD to ZAR 17.68 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1858.99 Down -0.43% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14118.36 Up +0.23% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30414.05 Down -0.04% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 728.10/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.32/lb UP +0.11% | Zinc US$ 3 190.60/T UP 0.85% | Brent Crude Oil US$ 74.69/BBP DOWN -0.0087 | Platinum US$ 1 024.77/OZ UP +0.25% #N/A