‘Duisende polisiebeamptes alleen’ gaan nie misdaad stop
Die Namibiese polisiehoof, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, sê selfs al sou duisende polisiebeamptes die land se strate patrolleer, sal dit nie doeltreffend wees om kriminele aktiwiteite hok te slaan as die publiek nie hul kant bring nie.
Hy het Woensdag tydens ’n gemeenskapsvergadering wat op Omuthiya gehou is, ’n beroep op lede van die publiek gedoen om wetstoepassers te help om misdaad te bekamp.
Met verwysing na die onlangse moorde en die vermiste persone – meestal kinders – wat voortdurend aangemeld word, het Shikongo tydens sy pleidooi gevra vir ’n gesamentlike poging om misdaad te bekamp as die enigste manier waarop misdaad uitgeroei sal word.
“Wanneer ek polisiebeamptes ontplooi, 1 000 of 10 000 polisiebeamptes wat in die strate beweeg, los jy nie die kwessie op nie, want hierdie dinge gebeur in ons huise,” het Shikongo gesê.
Hy het verwys na die onlangse moorde op Okahandja van die sesjarige Roslin Ndinelao Fabian en die vyfjarige Ingrid Maasdorp, albei leerlinge van die Gekombineerde Skool KW von Marees, asook dié van die 15-jarige Beyoncé !Kharuxas op die dorp Hy het verder die verdwyning van die driejarige Spencer Mandela Nakale genoem, wat ’n paar jaar gelede in Lüderitz se Area 7 vermis geraak het, asook die moord op die negejarige Cheryl Avihe Ujaha wie se moordenaars nog nooit gevind is nie.
“Hulle (die moordenaars) word nie gevind nie. So, wat is fout met ons samelewing? Waarheen is ons op pad as jy beweer jy is ’n Christen en nie regtig berou het nie?
“Kom net na vore en toon berou oor al hierdie goed wat in ons samelewing gebeur,” het Shikongo gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie