Suid-Afrikaner sterf in ongeluk
ʼn 69-jarige Suid-Afrikaner is Saterdag op die toneel dood nadat die voertuig, waarin hy en nog vyf ander Suid-Afrikaners gereis het, die pad naby Tses verlaat en gerol het.
Volgens die polisie se jongste misdaadverslag het die ongeluk, waarin Cornelius Kuhn oorlede is, omstreeks 13:29 sowat 30 km vanaf Tses, in die rigting van Mariental, plaasgevind.
Die 42-jarige bestuurder wou glo ʼn botsing met ʼn aankomende voertuig vermy, toe die motor die pad verlaat het en die bestuurder beheer verloor het. Volgens die polisie het die voertuig eenmaal gerol.
Kuhn is op die toneel dood, terwyl die ander insittendes ernstige beserings opgedoen het en na die staatshospitaal op Keetmanshoop vir behandeling geneem is.
Die oorledene se naasbestaandes is van sy afsterwe in kennis gestel en die polisie-ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie