Inspekteur-generaal Joseph Shikongo het onlangs 'n veldtog vir verantwoordelike gebruik van drank van stapel gestuur. Padveiligheid sal hierdie feestyd ’n prioriteit wees, sê hy.
Foto Nampol
Inspekteur-generaal Joseph Shikongo het onlangs 'n veldtog vir verantwoordelike gebruik van drank van stapel gestuur. Padveiligheid sal hierdie feestyd ’n prioriteit wees, sê hy. Foto Nampol

Nampol 7 000 lede minder as in 2016

98 640 strafregtelike sake in 2021-’22 geopen
Die nuwe inspekteur-generaal is gereed om die Namibiese polisie met integriteit en deur sy voorbeeld te lei.
Augetto Graig
Altesaam 324 moordsake is in die boekjaar 2021-’22 in Namibië aanhangig gemaak, 1 288 verkragtingsake, 2 743 sake van roof met verswarende omstandighede, 4 783 geslagsgeweldsake, 506 sake van poging tot moord, 249 gevalle van rig van ’n vuurwapen en 11 sake van mensehandel.

So het die Namibiese polisiehoof, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, gister by Nampol se hoofkantoor in die hoofstad gesê.

Net meer as 10 000 lede is teen die middel van November in diens van die Namibiese polisie (Nampol), volgens die polisiehoof.

Shikongo het drie maande gelede by sy voorloper lt.genl. Sebastian Ndeitunga oorgeneem.

Hy sê sowat 800 lede was in diens van die Namibiese polisie toe dit op 26 November 1990 gevestig is.

Teen 2016 was daar meer as 17 000 lede, “maar weens ’n hoë omsetkoers teenoor die afwesigheid van hul plaasvervangers, het hierdie getal drasties verminder en teen middel-November is die getal net effens meer as 10 000 polisiebeamptes,” sê hy.

Die internasionale mikpunt is ’n koers van een polisiebeampte per 90 landsburgers, maar met ’n nasionale geskatte bevolking van 2,5 miljoen in Namibië is dit ’n uitdaging met een polisiebeampte vir elke 250 burgers.

Nietemin sê Shikongo dat Nampol wel nog mannekrag kan ontplooi waar dit nodig is, en baat die Namibiese polisie ook uit sy gevestigde lugvleuel, die kriminele ondersoekeenheid en die direktoraat spesiale veldmag saam met die spesiale reserwemag.

In die boekjaar 2021-’21 is 98 640 strafregtelike sake by die polisie aanhangig gemaak. Dit is 7% meer as in die vorige boekjaar.

Hy sê 165 604 sake is vanaf die vorige boekjaar oorgedra, en altesaam 122 428 sake is in die 2021-’2022-boekjaar afgehandel.

Teen ’n afhandelingskoers van 46,3% beteken dit 141 816 sake is teen die einde van die boekjaar 2021-’22 na hierdie boekjaar oorgedra.

Shikongo het benadruk dat 32,8% van die nuwe sake in 2021-’22 in die Khomasstreek aangemeld is, 10,7% in Oshana, en 8,6% in Otjozondjupa.

In die Kavango-Wes-, Kunene en Omahekestreek is onderskeidelik slegs 1,3%, 1,5% en 2,9% van alle nuwe sake in die 2021-’22-boekjaar geopen.

Nampol het ook 3 278 gevalle van veediefstal ondersoek, 2 171 sake van dwelmhandel, 246 van brandstigting, 389 gevalle van motordiefstal en 10 631 sake van huisinbrake en diefstal, sê hy.

Huisinbrake neem toe, volgens Shikongo.

Hy sê Nampol se prestasies dra ook tot hierdie syfers by aangesien sekere misdade in die geheim plaasvind en net getel kan word nadat die polisie dit opgespoor en stopgesit het.

Shikongo sê 2 521 verdagtes is in die tydperk in hegtenis geneem, insluitend 134 buitelanders.

Namibië word as een van die voorlopers (vlak 1) gesien as dit by die bekamping van mensehandel kom, spog Shikongo, en sê die polisie het in die 2021-’22-boekjaar op onwettige dwelms ter waarde van N$41,1 miljoen beslag gelê.

Shikongo het verwys na die hersiening van Nampol se 2017-’22 strategiese plan waarmee hy sy visie van die beste polisiemag in Afrika en die wêreld ’n werklikheid wil maak.

“Ek as inspekteur-generaal van die polisie, sal rigting aan die polisie moet gee,” sê hy.

Die ontwikkeling en bestuur van menslike kapitaal, die gebruik van inligtingtegnologie, vennootskappe en internasionale samewerking sal voorkeur geniet, sê hy.

“As lede van die polisie sal ons aanspreeklik teenoor die mense wat ons dien, moet wees. Ons moraliteit en gedrag moet nooit in twyfel getrek word nie. Die beteken ons as polisiebeamptes moet daarna streef om die regte ding te doen al sien niemand dit nie,” het hy gesê.

Die media is gister ter viering van Nasionale Polisiedag op 26 November na Nampol se hoofkantoor genooi.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101