Man wreed aangeval by gewilde buitelug-roete

Erge bloedverlies, verskeie meswonde
Die omgewing van die Doc Jubber-veld wat gewild is onder sport- en buitelug-entoesiaste wat daar stap en draf, is volgens die slagoffer van 'n mesaanval nie meer veilig nie.
Henriette Lamprecht
Twee vriende se gereelde buitelug-asemskepsessies by ’n gewilde en bedrywige sportveld in die hoofstad het in ’n nagmerrie vir ’n inwoner van Windhoek ontaard nadat hy wreed daar aangerand en met ’n mes gesteek is.

Die man, wat verkies om anoniem te bly, het weens ernstige bloedverlies by tye byna sy bewussyn verloor.

Die voorval het skuins ná 19:00 op ’n weeksdag by die Doc Jubber-sportveld gebeur - waar van vroue met kinders tot bejaardes daagliks met hul honde hier en ook in die omgewing in Olympia gaan stap.

Volgens André (skuilnaam) het hy en sy vriend oudergewoonte ná werk hier vir ’n wyle in die buitelug gesit en gesels en planne vir ’n reis kus toe bespreek. Net na 19:00 het sy vriend eerste gery, terwyl André na ’n boodskap op sy selfoon gekyk het. Die volgende oomblik is sy motor se voorste deure oopgepluk deur twee persone waarvan die een aan die bestuurskant met ’n mes gewapen was.

“Ek het kalm gebly, uitgeklim en alles vir hulle gegee wat by my was – my skootrekenaar, selfoon en ook my motor se sleutel. Die man het aangedring ek moet terugklim, maar ek het besef ek het ’n beter kans as ek buite die kar is,” vertel André.

Die een met die mes het hom toe begin steek, terwyl die ander een hom geskop en geslaan het.

“My regterhand is baie sleg gesny soos ek probeer keer het. Ek het op die mes gefokus dat hy my nie in my nek moes steek nie en het terugbaklei om weg te kom.” Hy het ook ’n groot sny aan sy agterkop gekry wat hom vinnig baie bloed verloor het.

Die twee mans het ná die aanval in André se motor geklim en weggejaag.

“Ek het drukking op die wond geplaas en besef ek moet so gou as moontlik by hulp en ’n hospitaal uitkom voordat ek my bewussyn verloor.”

Dit sou egter steeds sowat 20 minute duur voordat ’n Barmhartige Samaritaan hom in Auasweg gewaar het, omgedraai en hom te hulp gesnel het. Hy is in die Lady Pohamba Private Hospitaal opgeneem waar hy verskeie steke vir die wonde aan sy rug, kop en hand moes kry.

“Ek is my lewe verskuldig aan die persoon wat my opgetel het. Ek was in daardie stadium besig om weens bloedverlies my bewussyn te verloor.”

André se bakkie is omstreeks 22:00 dieselfde dag op die grens tussen die Lafrenz-industriële gebied en Katutura gevind. ’n Saak is ook by die polisie aanhangig gemaak met ’n adjudant-offisier en reservis wat “baie moeite doen”.

“Ek kon egter nie ‘n positiewe identifikasie van die mans maak nie. Buiten dat dit donker was, het ek heeltyd op die mes gefokus dat die man my nie moes doodsteek nie.”

Die omgewing van die hokkieveld, die Hage Geingob-stadion, die munisipale swembad en die Old Wheelers-klub en die omliggende woonbuurte van Suiderhof en Olympia word die afgelope tyd toenemend deur gewapende aanvallers geteister. In een voorval binne dieselfde week is mense by die Old Wheelers-klub aangeval en beroof.

“Dit is waar families, weerlose vroue en kinders, gaan stap en fietsry en net ontspan. Dis oop en goed vir jou siel. Maar jy is aan hulle (die aanvallers) genade oorgelaat en hulle het geen genade nie. Hulle weet ook jy is ongewapen en totaal weerloos. Ten spyte van die feit dat ek alles by my vir hulle gegee het, is ek steeds aangeval en vir dood agtergelaat.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%