Groenskema-diewe aangekla vir georganiseerde misdaad, geldwassery
Klagte van geldwassery en die oortreding van die wet teen georganiseerde misdaad, asook ander klagte, is teen drie Namibiërs gelê nadat hulle glo kunsmis van die Etunda-groenskema gesteel het.
Die waarde van die gesteelde items word op N$68 422,26 bereken. Die verdagtes sal reeds môre (Maandag 18 Julie) in die landroshof op Outapi verskyn.
Volgens die jongste polisieverslag het die verdagtes (onderskeidelik 24-, 26-, en 29-jaar oud) gister (Saterdag 16 Julie) omstreeks 05:50 die Etunda-groenskema se stoor se slotte oopgebreek.
Toe is daar 22 sakke ureum-kunsmis, 22 sakke kaliumnitraat, 22 sakke magnesiumnitraat asook twee houers swamdoder gesteel.
Die items is teruggevind en die verdagtes is aangekla van huisbraak met die bedoeling om te steel, diefstal, geldwassery asook oortreding van die wet teen georganiseerde misdaad.
Die groenskema is in die Omusati-streek – in die Etunda-nedersetting, Ruacana-kiesafdeling – geleë. Die polisie se ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie