CONFISCATED: Cannabis seized last week during a drug bust. Photo: CONTRIBUTED
CONFISCATED: Cannabis seized last week during a drug bust. Photo: CONTRIBUTED

Dwelmbeheerstelsels in gedrang, sê Kandjii-Murangi

N$5,6 miljoen se dwelms gekonfiskeer
Altesaam 149 verdagtes is verlede maand in verband met dwelmverwante oortredings in hegtenis geneem.
Ellanie Smit,Kristien Kruger
Ellanie Smit – “In Namibië word daar nie onwettige dwelms plaaslik gekweek of verwerk nie, maar die land se grense het poreus geword. Ons dwelmbeheerstelsels is in gedrang en ons wetstoepassing en regstelsels is oorweldig.”

Só het die minister van hoër onderwys, tegnologie en innovering, dr. Itah Kandjii-Murangi, gesê tydens ’n gesprek oor die doeltreffendheid van die wetlike raamwerk met betrekking tot dwelmmisdrywe in Namibië en of die huidige wetgewing die toenemende dwelmvoorvalle voldoende takel.

Dit volg nadat owerhede verlede maand op dwelms ter waarde van meer as N$5,6 miljoen op beslag gelê en 149 verdagtes in verband met dwelmverwante misdade in hegtenis geneem het.

Die verdagtes wat in hegtenis geneem is, sluit in 141 Namibiërs, vier Angolese, twee Kongolese, een Zambiese en een Suid-Afrikaanse burger.

Kandjii-Murangi meen die hoeveelheid dwelms wat jaarliks gekonfiskeer word, is kommerwekkend. Sy beweer dis hoogtyd dat die land se wette en beleide ten opsigte van dwelms hersien moet word om meer omvattende en robuuste wette en beleide in te stel. Dit om sodoende onwettige dwelmgebruik te bekamp en dwelmvoorkoming en -beheerstelsels in die land meer doeltreffend te maak.

“Die toename in dwelmverwante misdrywe in ons land bewys dat daar ’n hoë mate van beskikbaarheid en toeganklikheid van onwettige dwelms in Namibië is. Dit behoort ’n bekommernis vir elke Namibiër te wees.”

STATISTIEKE

Volgens ’n dwelmbeslaglegging- en inhegtenisnameverslag van die Namibiese polisie vir Oktober, is daar beslag op verskeie soorte dwelms ter waarde van sowat N$5,7 miljoen gelê.

Dit sluit in 549 857 kg dagga ter waarde van bykans N$5,5 miljoen, 1 273 Mandrax-tablette van N$152 720, 55 g kokaïenpoeier van N$27 500, 77 eenhede kokaïen van N$7 700 en 7 g tik (“crystal meth”) ter waarde van N$3 500.

In September is 101 verdagtes in verband met dwelmverwante oortredings in hegtenis geneem en is op dwelms ter waarde van N$680 000 beslag gelê. Van dié verdagtes was 93 Namibiërs.

Tussen Februarie en Desember verlede jaar is 1 171 verdagtes in hegtenis geneem in verband met dwelmverwante misdrywe. Volgens statistiek van die Namibiese polisie is daar in dié tydperk dwelms ter waarde van meer as N$37,4 miljoen op beslag gelê, terwyl 1 073 Namibiërs in hegtenis geneem is. Statistiek vir Januarie 2021 was nie beskikbaar nie.

Volgens Kandjii-Murangi is die stadige, self-geïnduseerde kwale wat verband hou met konstante intense dwelmmisbruik, baie ernstig en uiteenlopend.

“Soos hospitale, tronke, rehabilitasiesentrums die nodige gesondheids- en rehabilitasiedienste lewer, word die publiek se beursie uitgeput om hierdie kwessies te dek waarvan dwelmmisbruik die oorsprong is.”

Sy het bygevoeg dat die direkte impak van dwelmmisbruik op akademiese prestasie wyd gedokumenteer word en dit is glo bekend dat dit die normale akademiese vordering van een vlak na ’n ander belemmer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%