DNS-uitslae lei glo tot Eenhana-moord
Polisie skiet verdagte dood
Inwoners van Eenhana is dié naweek in skok gelaat deur die nuus van die twee sterftes wat binne enkele ure uitmekaar plaasgevind het.
Tuyeimo Haidula - ’n Man wat sy meisie en die ma van sy twee kinders glo die afgelope naweek vermoor het, het na bewering aan kollegas gesê hy is ontsteld dat DNS-uitslae wys hy is nie die pa van die kinders nie.
Laurence Kapule Ndaoya (43) – wat tydens sy arrestasie deur die polisie doodgeskiet is – het na bewering sy meisie, Eva Leena Kalimbo (31), van ontrouheid beskuldig en gesê die kinders se pa is ’n politikus in die Ohangwenastreek.
Na bewering het Ndaoya ook gedreig om die politikus dood te maak.
Inwoners van Eenhana is dié naweek in skok gelaat deur die nuus van die twee sterftes, wat Sondag in die vroeë oggendure binne enkele ure van mekaar plaasgevind het.
Ndaoya, ’n sakeman, is volgens die polisie omstreeks 03:19 dood. Hy is doodgeskiet toe hy hom teëgesit het tydens sy inhegtenisname vir die moord op Kalimbo.
“Na bewering is die verdagte doodgeskiet tydens ’n poging deur polisielede om hom in hegtenis te neem. Die polisie het die oorledene opgespoor nadat hy sy meisie in [Eenhana se informele nedersetting Eveline] vermoor en in die proses glo gedreig het om ’n lid van die polisie te vermoor.
“Terwyl hy op polisiebeamptes afgestorm het, is hy geskiet en ambulanspersoneel het hom op die toneel dood verklaar,” lui ’n polisieverslag oor die voorval.
DIE MOORD
Volgens die polisie het Ndaoya Kalimbo se keel afgesny en “haar met ’n skerp voorwerp gesteek, wat haar dood veroorsaak het”.
Ohangwena se koördineerder van misdaadondersoeke, adj.komm. Zacharias Amakali, het die voorval bevestig.
Bronne in Eenhana het bevestig toe die polisie opgedaag het om Ndaoya naby die Eenhana-staatshospitaal in hegtenis te neem, het hy geweier om homself oor te gee.
“Dit was wild. Ons moes onder die beddens wegkruip want ons het ten minste 10 geweerskote gehoor. Dit lyk of die polisie ’n waarskuwingskoot afgevuur het en Ndaoya het op hulle geskiet,” het ’n inwoner gesê.
Kalimbo word oorleef deur haar twee dogters, wat glo Ndaoya se biologiese kinders was totdat DNS-bewyse na bewering anders bewys het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie