Dieremishandeling, stropery ’n brandpunt

‘Familieperd’ vandeesweek gesteel en geslag
Dis nie die eerste perd wat van die plot aan die buitewyke van Windhoek gesteel en geslag is nie.
Kristien Kruger
Die stropery van perde het die afgelope paar jaar ’n punt van kommer geword met talle perde-eienaars wat op slagtonele afgekom het waar hul geliefde perde wreed geslag is.

Die mees onlangse voorval is ’n perd wat Maandagaand van ’n plot net buite Windhoek gesteel is en Dinsdagmiddag sowat 4 km van die padblokkade in die rigting van Daan Viljoen, agter Ojtomuise, gevind is.

Slegs die perd se kop, ingewande en ’n deel van sy been is op die toneel gevind.

Dié plaas, wat op die Trustco-plotte oorkant die Universiteit van Namibië (Unam) geleë is, is reeds in die verlede deur stropers geteiken, maar hulle het die afgelope jaar geen stroperyvoorvalle gehad nie.

Die eienaar van die perd, Michelle Kotzé, het aan Republikein gesê die perde word in die aande in ’n kamp naby die huis gehou juis in ’n poging om stropery hok te slaan.

“Die kamp is weggesteek en is nie sigbaar van die pad af nie.”

Die spore het glo daarop gedui dat drie mans die draad aan die verste punt van die kamp geknip en die perd uit die kamp gelei het.

Kotzé vertel nadat hulle gesien het die perd is weg, het een van haar werkers dadelik ’n werker op die buurplaas gebel en hulle het op hul perde geklim en die spoor begin volg.

Die Windhoekse stadspolisie is ontbied en hulle het ure lank met ’n hommeltuig oor die gebied gevlieg om die perd op te spoor.

Vier lede van die TSU Protection Services Namibia het Dinsdag omstreeks 17:30 op die slagplek afgekom.

“Gewoonlik as hulle stroop, is dit binne 2 km tot 5 km van die plaas af. Dié keer het hulle sowat 20 km saam met haar gestap,” sê Kotze, wat ook bygevoeg het dat hulle dankbaar is vir almal se hulp.

Sy vertel verder dat hulle ’n gordel en ’n mes op die slagtoneel gevind het, maar dat owerhede reeds in die verlede vir hulle gesê het dit is moeilik om stropers vas te trek as hulle nie op heterdaad betrap word nie.

‘SAG EN VRIENDELIK’

Die perd was amper 15 jaar oud en haar naam was Loacrno Rising Sun. Die eienaars het haar vir 11 jaar gehad.

“Sy was die makste, vetste en duurste van al ons perde. Sy het die sagste en vriendelikste geaardheid gehad.”

Kotzé vertel verder dat sy Loacrno Rising Sun in die verlede as ’n springperd gebruik het, maar nadat sy ’n besering opgedoen het en in “vroeë aftrede” ingegaan het, “het sy die familieperd geword”.

“As mense kom kuier dan het hulle op haar gery. Die kinders kon ook op haar ry.

“Sy het geen seer of haat in haar gehad nie. Sy wou altyd almal tevrede stel en het nooit iets verkeerd gedoen nie,” sê Kotzé oor haar perd.

SAMURAI, ’N JONG PERD EN KABI

’n Soortgelyke voorval het in Februarie verlede jaar op dieselfde plot plaasgevind toe ’n agtjarige hings – wat vir uithouritte gebruik is – gestroop is.

Republikein het destyds berig Kotzé-hulle het op die perd, Samurai, se slagplek afgekom.

“Hulle het sy binnegoed uitgehaal en op die pad gelos terwyl sy vleis onderdeur die geknipte draad na die pad gesleep is, waar dit op ’n bakkie gelaai en weggery is.

“Samurai was deel van my familie. Hy was my liefperd,” het sy destyds gesê.

Dit was volgens vorige berigte die derde perd wat in die bestek van vier maande op dieselfde plot van kant gemaak en geslag is.

Volgens Kotzé het ’n jong perd daarna verdwyn en is hy later gevind – dood en geslag.

’n Twaalfjarige merrie, Kabi, het ook in November 2021 saam met ander perde in die veld gegaan en nooit teruggekom nie. Sy is later gevind met haar regteragterbeen wat erg gebreek was. Die veearts wat na die toneel uitgeroep is, het gesê dat sy geskiet is.

“Die stropers gebruik glo ’n klein kaliber geweer soos ’n .22 om die perd in die been te skiet, dan kan hulle nie weghardloop nie.

“Ons vermoed hulle het nie akkuraat geskiet nie en sy kon daarin slaag om weg te hardloop. Die bloedspoor wys hoe sy teen die berg afgehardloop het en toe sy onder probeer omdraai, het haar been net gebreek.”

Destyds is vermoed dat dit die werk van kapana-verkopers was.

PABLO EN SPIRIT

In Maart 2022 is Pablo ook van ’n plaas net buite Windhoek in die omgewing van Elisenheim gesteel.

Republikein het destyds berig dat sy kop en pote later in die bosse by die nabygeleë informele nedersetting Okahandja Park gevind is. Pablo se kop en bene is later in Katutura gekry.

In nog ’n voorval is die vleis van Spirit, ’n vyfjarige merrie wat op 14 April 2022 van ’n plaas 13 kilometer buite Outjo gesteel is, op Khorixas gevind.

Haar pote en vel is op die slagtoneel gevind terwyl die polisie haar nek, kop, bene en rug op Outjo opgespoor het.

Vier mans is later in hegtenis geneem en daarvan beskuldig dat hulle Spirit gesteel, geslag en die vleis verkoop het.

Dit het later aan die lig gekom dat die persoon wat die vleis verkoop het dit vir N$1 500 gekoop het. Volgens sy eienaars was sy sowat N$40 000 werd.

Die polisie het beslag gelê op die geld wat die vrou vir die vleis en die wegkomvoertuig ontvang het.

DIEREMISHANDELING

Die kwessie van dieremishandeling en die doodmaak van mense se troeteldiere het ’n fokuspunt geword nadat ’n agtjarige weimaraner genaamd Dalton op Rehoboth in Junie 2023 uit sy eienaars se erf gesteel en wreed vermoor en geslag is.

Dit het groot opslae in gemeenskappe gemaak en die #JusticeForDalton-veldtog is van stapel gestuur onder die slagsprek “Friend, not food”.

Dié veldtog is deur die Justice For Animals (JFA)-trust geloods wat kampvegters vir diereregte en die beskerming van diere in Namibië is.

Hulle mikpunt is om wetgewing te laat verander sodat dit meer beskerming aan diere bied.

JFA was ook een van die liggame betrokke by die #JusticeForTroy-veldtog wat betrekking het op ’n onlangse skietvoorval waarin ’n hond twee keer op ’n plaas in die Grootfontein-omgewing geskiet is.

Die polisie ondersoek tans die saak en ’n siviele hofsaak is verlede maand op ’n dringende basis teen die betrokke boer en vermeende skieter, Willem Goosen, aanhangig gemaak. Die saak is egter later teruggetrek.

Troy is ’n Belgiese malinois en ’n opgeleide spoorsnyhond wat saam met sy hanteerder na gesteelde goedere gesoek het toe hy geskiet is.

Hoewel Troy die skietery oorleef het, moes een van sy bene geamputeer word. Hy het wel goed herstel en is terug by die huis.

DIEREREGTE

Die voorsitter van die Justice for Animals Trust, Ronél Lewies, het voorheen aan Republikein verduidelik dat die Namibiese wette diere as eiendom beskou.

Wanneer jou dier dus gesteel of doodgemaak word, kan jy ’n saak van diefstal of skade aan eiendom open.

Volgens Lewies poog hulle om diere, veral honde, as “voelende wesens” erken te kry.

“Jou voertuig is jou eiendom, maar as jy jou voertuig skop, kry net jy seer. As jy jou hond skop, kry jou hond seer – dís die verskil. Diere is meer as net blote eiendom.”

Met betrekking tot boerdery en wildbestuur het Lewies verduidelik dat hulle nie in stryd is met dié praktyke nie, maar eerder wil verseker dat alle diere met waardigheid en deernis behandel word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%