’n Dekade lange stryd teen wildmisdadigers
Meld wildmisdaad per SMS by 55 555 aan
Die renosterstroperykrisis in Namibië word vererger deur die werklikheid dat daar selde ernstige gevolge vir die misdaad is.
Dit is tien jaar sedert die skielike, reusetoename in renoster- en olifantstropery die landskap van wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië drasties verander het.
Aangetekende wildmisdaadvoorvalle en verwante inhegtenisnemings het weer vir die meeste kategorieë in 2024 afgeneem, in vergelyking met data van die vorige jaar.
“Dit kan dui op ’n afname in kriminele aktiwiteite of dit kan wees as gevolg van ’n afname in misdaadopsporing,” lui die 2024-verslag “Wildlife Protection and Law Enforcement” van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme en die Namibiese polisie.
Die totale aantal aangetekende voorvalle het met 14% gedaal, terwyl arrestasies met 21% gesak het. Geregistreerde voorvalle wat verband hou met spesies met ’n hoë waarde het met 8% gedaal, met voorvalle wat verband hou met renosters wat die enigste toename getoon het (17% meer).
Voorvalle wat verband hou met spesies met ’n hoë waarde het 30% van alle aangemelde voorvalle uitgemaak.
Die aantal renosters wat bekend is dat hulle gedurende 2024 in Namibië gestroop is, het met 6% gestyg vanaf 2023.
Die aantal renosterhorings wat deur wetstoepassers gekonfiskeer is, het relatief laag gebly. Terwyl 83 renosters gestroop is, is 14 horings teruggevind.
Volgens die verslag neem positiewe DNS-ooreenstemming van karkasse en horings tyd; nie alle horings is aan spesifieke stroperyvoorvalle gekoppel nie.
Renosters word steeds gered deur voorkomende ingrypings wat voornemende stropers onderskep voordat hulle daarin slaag om ’n dier te stroop.
Gedurende 2024 het voorkomende optrede in 13 voorvalle tot 44 arrestasies gelei (uit ’n totaal van 78 renosterverwante arrestasies in 104 voorvalle).
Die aantal olifante wat gestroop is, bly laag op nege teenoor die agt in 2023.
Beslagleggings van olifanttande het met 70% in 2024 gedaal, tot die laagste vlak sedert 2016, terwyl die aantal aangetekende olifantverwante voorvalle, met 21% gedaal het.
Dit weerspieël min tande wat per voorval in 2024 gekonfiskeer is (gemiddeld minder as twee tande per voorval) in vergelyking met die groot aantal tande per voorval in 2023.
“Oorgrens-ondersoeke het in 2023 getoon dat verskeie groot beslagleggings (meer as 10 tande elk) afkomstig is van olifante wat in buurlande gestroop is,” lui die verslag.
Die beslaglegging op ietermagôs het ook ’n afname vanaf 70 tot 50 diere getoon (29% minder), wat ook weerspieël is in die laer aantal voorvalle wat verband hou met ietermagôs wat aangeteken is (38 in 2024 vergeleke met 60 in 2023). Die jaarlikse wisseling in ietermagô-voorvalle en -beslagleggings dui op ingewikkelde dryfvere van hierdie sektor.
Aangetekende voorvalle wat verband hou met vleisstropery, gaan voort met hul stadige daling van 11% oor die afgelope jaar, en ’n afname van 6% in arrestasies. Tog bly vleisstroperyvoorvalle die wetstoepassing van wildmisdaad oorheers, wat 40% van alle voorvalle wat in 2024 geregistreer is, uitmaak.
AFGEHANDELDE SAKE
“Wanneer die aantal afgehandelde hofsake vergelyk word met die aantal geregistreerde misdaadsake, is dit belangrik om te beklemtoon dat nie elke geregistreerde misdaad tot ’n hofsaak lei nie.
“Byvoorbeeld, wanneer ’n gestroopte renoster ontdek word, word ’n strafsaak geopen, maar ’n hofsaak kan slegs aanhangig gemaak word sodra ’n verdagte aangekla is.
“Omgekeerd, in ’n saak waarby verskeie verdagtes betrokke is, kan ’n skeiding van verhoor tot verskeie hofsake lei. Sulke aspekte is geneig om statistieke oor saakfinalisering skeef te trek – wat steeds een van die sleutelstruikelblokke in wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië is,” word in die verslag benadruk.
In 2024 is altesaam 344 wildmisdaadsake aangeteken, waarvan 243 as hofsake met beskuldigdes aanhangig gemaak is. Gedurende die jaar is altesaam 144 hofsake afgehandel, hoewel baie hiervan ouer sake is wat in vorige jare aanhangig gemaak is.
Die meeste sake behels meer as een verdagte, wat daartoe gelei het dat altesaam 244 individue se sake afgehandel is. Die verhouding van geregistreerde teenoor afgehandelde hofsake bly ’n bron van kommer, aangesien aansienlik meer hofsake aanhangig gemaak word as wat in enige gegewe jaar afgehandel word.
In geen jaar sedert die begin van die huidige wildmisdaadkrisis is meer hofsake afgehandel as geregistreer nie, met die gevolg dat die agterstand van hofsake aanhou groei.
Toegewyde spesiale howe vir wildsake, wat sedert 2022 op prioriteitsliggings gehou word, was deurslaggewend om die gaping tussen geregistreerde en afgehandelde sake aansienlik te verminder. Gedurende 2022 is 121 van die 248 afgehandelde sake tydens spesiale hofsittings voltooi, wat die verhouding van jaarliks geregistreerde tot afgehandelde hofsake tot 1,5 tot 1 verminder het (372 hofsake geregistreer, 248 afgehandel).
“Daar moet kennis geneem word dat hierdie verhoudings nie voorvalle insluit waarin ’n misdaad ontdek is, maar geen hofsaak aanhangig gemaak is nie, aangesien geen verdagtes bekend is nie (byvoorbeeld, die ontdekking van ’n gestroopte renoster).”
Die verslag lui dat die insluiting van daardie voorvalle die verhouding van geregistreerde sake tot afgehandelde sake in 2024 na 2,4 tot 1 verander het: “Van die 244 individue se sake wat in 2024 afgehandel is, is 231 skuldig bevind, ’n prysenswaardige skuldigbevindingskoers van 95%.”
GEWOONTESTROPERS
In vyf jaar vanaf 2019 tot 2024 toon statistieke dat herhaalde arrestasies in renosterverwante misdade soms meer as die helfte van alle gearresteerde verdagtes uitmaak.
Sommige verdagtes is tot agt keer oor die afgelope tien jaar in hegtenis geneem, maar in die meeste scenario’s is nie een van hul sake afgehandel nie, volgens die verslag.
Die renosterstroperykrisis in Namibië word vererger deur die werklikheid dat daar selde ernstige gevolge vir die misdaad is: “Teen die einde van 2024 was slegs ongeveer 7% van alle gearresteerde verdagtes skuldig bevind. ’n Kommerwekkende persentasie verdagtes is vrygelaat en slegs ’n klein aantal veroordeelde oortreders het tronkstraf ontvang.
“Die lae persentasie beslagleggings op horings (ongeveer 9% van alle horings wat oor die afgelope tien jaar van renosters gesteel is) dui daarop dat finansiële vloei uit suksesvol gesmokkelde horings plaasvind.”
Die verslag kom tot die slotsom dat die potensiële onwettige winste uit renosterstropery en horingsmokkelary dus swaarder weeg as die moontlike gevolge van tronkstraf as afskrikmiddel, terwyl die verreikende impak van renosterstropery nie die nodige aandag geniet nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie