Windhoek Skou vertoon spogdiere
Die Windhoek Skou het Maandag afgeskop en duur tot Saterdag. Een van die groot trekpleisters op die skou is die pragdiere wat te sien sal wees.
Die kleinvee-afdeling se beoordeling vind nog vandag plaas met die interras-keuring môre en Vrydagoggend word sowat 36 kleinvee in die Agra Bank Windhoek-veilingsring opgeveil. Altesaam 343 kleinvee word vertoon, insluitend boerbokke, Kalahari Reds, dorpers, damaras en Van Rooys.
Die grootveeprogram sluit 341 diere in, waarvan 29 slagosse by Rehoboth geslag sal word. Hierdie diere word eers op die hoef beoordeel en daarna by die Reho Abattoir geslag, waarna die kampioene aangewys word.
Die beoordeling van die slagosse begin vandag, gevolg deur die Brahmane en ander rasse soos bruin Switser, dexter, boran, charolais, limousin, afrikaner en angus. Die Suid-Afrikaanse beoordelaar, PJ Budler wat in die Amerikaanse deelstaat Texas woon, is weer terug in die beoordelaarsring. Vrydag word die simbras en simmentalers beoordeel.
Saterdag begin die program met die kindertoulei-kompetisie vir jong deelnemers, gevolg deur die interras-keuring. Die hoogtepunt is die parade en prysuitdeling om 16:30, waar kampioenbulle, -koeie en -slagosse aangekondig word. Die Britse hoë kommissaris in Namibië, Neil Bradley, oorhandig ook die Queen Elizabeth II-beker vir die vrugbaarste koei.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie