Windhoek hou voet by stuk oor RedForce

Oorweeg om pensioenarisse se skuld af te skryf
Inwoners se skuld aan die hoofstad se munisipaliteit beloop tans sowat N$1,2 miljard.
Augetto Graig
Die munisipaliteit van Windhoek is onwrikbaar in sy besluit om RedForce as sy skuldinvorderaar aan te hou.

Geen verandering gaan aan RedForce se kontrak of sy invorderingsmetodes aangebring word nie.

Die adjunkburgemeester van die hoofstad, Magdalena Lombardt, het dit gister duidelik gemaak by die stadsraad se konferensiesaal.

“Geen pensioenaris se munisipale rekeninge word aan RedForce oorhandig nie, en daar word geen rente gehef op rekeninge van enige inwoner wat aan RedForce oorhandig word nie, buiten die invorderingsfooie van 10% van elke agterstallige betaling wat gemaak word,” het sy volgehou.

Lombardt sê egter die munisipaliteit het die volste reg om selfs die voorafbetaalde toevoer van water en krag op te skort om skuld in te vorder.

“Die vorige invorderingsproses was duur en sonder enige sekerheid om enige finansiële voordeel aan die stad of die kliënt te bied.”

Dus word die aanstelling van RedForce om skuld namens die stad in te vorder, as meer finansieel lewensvatbaar beskou, brei sy uit.

Volgens Lombardt het die hoofstad voorheen gebruik gemaak van regsdienste waar kliënte se rekeninge aan prokureursfirmas oorhandig is.

“Daardie rekeninge wat vir geregtelike invordering aan eksterne prokureurs oorhandig is, het groot bedrae skuld veroorsaak, wat ’n merkwaardige finansiële las vir die stad en sy kliënte beteken, aangesien die prokureurs regskostes eis, al vorder hulle nie die skuld van die wanbetalers in nie,” het sy gesê.

RedForce eis slegs 10% van elke agterstallige betaling wat ’n wanbetaler aan die Windhoekse munisipaliteit oorbetaal, volgens die adjunkburgemeester.

Dit is volgens haar minder as die 20%-rente wat die stad self jaarliks op skuld hef.

Lombardt se verklaring volg op ’n protesoptog verlede week en die inhandiging van ’n klagskrif met voorgestelde oplossings vir gedwonge onderbrekings van krag- en watertoevoer en glo selfs beslaglegging op huise vir skuldinvordering in sentraal-Katutura.

Inwoners het optrede geëis en het ook na die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling se kantoor opgeruk om die minister 72 uur te gee om in te gryp.

Die waarnemende uitvoerende hoof, Faniel Maanda, sê die verklaring weerspieël slegs die munisipaliteit se siening.

Die munisipaliteit bied aan om voorafbetaalde kragmeters gratis by pensioentrekkers te installeer, sou hulle daarvoor aansoek doen, sê Lombardt.

Voorafbetaalde watermeters kan oor vyf jaar teen rente van 11% afbetaal word, het sy verder gesê.

Windhoekers word aangemoedig om self meterlesings per SMS in te stuur om die gebruik van skattings te vermy, om verbruik te monitor en om lekkasies vinnig te kan opspoor, raai sy aan.

Intussen werk die stadsraad aan ’n voorstel om senior burgers se skuld af te skryf, sê die adjunkburgemeester.

Nogtans kan die munisipaliteit nie rente op skuld opskort nie, alhoewel pensioenarisse ’n terugbetalingsreëling kan tref met ’n 15%-deposito, eerder as die 33% wat die munisipaliteit se kredietbeheerbeleid vereis, sê sy.

Inwoners skuld die munisipaliteit ongeveer N$1,2 miljard op sowat 68 000 rekeninge.

Volgens amptenare van die finansiële bestuursafdeling skuld ongeveer 20 000 pensioenarisse altesaam sowat N$255 miljoen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.38/OZ UP +1.10% | Copper US$ 4.64/lb UP +1.61% | Zinc US$ 2 952.90/T UP 1.17% | Brent Crude Oil US$ 84.85/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 991.12/OZ UP +0.59% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.38/OZ UP +1.10% | Copper US$ 4.64/lb UP +1.61% | Zinc US$ 2 952.90/T UP 1.17% | Brent Crude Oil US$ 84.85/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 991.12/OZ UP +0.59%