Vyf weke se gewag

As noodgeval opgeneem
Henriette Lamprecht
Twee sonars, ’n CT-skandering, vier keer se bloedtoetse en twee weke in die hospitaal wagtend op ’n operasie wat óf uitgestel en ­afgestel word óf nooit gebeur nie.



Vyf weke nadat ’n pasiënt as ’n ­noodgeval by die Katutura-staatshospitaal in Windhoek opgeneem en na die Windhoek Sentrale Hospitaal vir ’n dringende operasie vir galstene oorgeplaas is, is sy uiteindelik verlede Vrydag geopereer.



Ten spyte van die feit dat sy op 5 Julie met erge pyn opgeneem is en bloedtoetse en ’n sonar toe al gewys het sy het galstene en moet dringend geopereer word, sou sy eers “vir 12 dae op ’n bed in ’n saal sit en wag” en weer vir tien dae huis toe gestuur word, omdat haar operasie glo volgens ’n dokter gekose en nie ’n noodgeval was nie en sy glo “met pynpille moet wag”.



Volgens die pasiënt is sy net twee keer gedurende haar tyd in die ­hospitaal deur ’n dokter gesien en het navrae oor wanneer sy ­uiteindelik ­geopereer sou word, herhaaldelik op dowe ore geval.



Die vrou wat in die suide van die land woon, se ma moes telkens honderde kilometers heen en weer reis om haar dogter te kom ondersteun.



INFEKSIETELLING STYG



Op 4 Augustus boek sy weer in omdat sy toe uiteindelik in die teater sou beland.



Weer gebeur dit nie, omdat iemand glo die datum verkeerd gehad het en die lys weer verander het. Weer eens moet sy vir ’n sonar en bloedtoetse gaan met laasgenoemde wat toe wys haar infeksietelling is drie keer hoër as tydens die vorige toets. Dié keer kry sy die opdrag om die Maandag weer terug te kom, omdat sy toe die Dinsdag geopereer sou word.



Hierdie keer lê sy en wag, gereed en in haar teaterjurk en –mussie tot 17:15 tot sy die dokter se stem in die gang hoor. Net om weer te hoor hy is op pad na die teater in die Katutura-staatshospitaal en is klaar met operasies in Sentraal. Teen 20:00 is daar ook nog geen teken van die dokter wat in sy plek na haar toe gestuur sou word nie.



“Ek was veronderstel om op 12 ­Augustus geopereer te word en het vir die hele dag in my teaterjurk gesit en wag. Eers toe ek gaan vra, is ek vir die vierde keer gesê: ‘Jou operasie is gekanselleer, het die dokter nie vir jou gesê nie?’”



Die pasiënt se ma het desperaat en in trane by die superintendent gaan ­antwoorde soek wat volgens haar baie behulpsaam en ondersteunend was en seker gemaak het sy is op die Vrydag se teaterlys.



“Haar antwoord was met al die geld wat op herhaalde bloedtoetse, sonars en ’n CT-skandering bestee is, sy vir daardie bedrag twee dokters kon aanstel.



“Vir vyf weke het ek iemand anders se bed gevat. Noodoperasies vind glo net op Maandae, Woensdae en Donder­dae plaas, maar wat van al die ander dae? Hoeveel gee later net op en gaan maar net terug huis toe en gaan dood?”



KOUE STORTE



Volgens haar is die badkamers skoon met onder meer nuwe storte, maar is daar geen warm water nie. Die eerste kamer waarin sy gelê het, het ook nie koue water in die stort gehad nie.



“Jy as pasiënt moet as jy wil was jou eie emmer of bak saambring en warm water in die gang by die urn gaan haal. Van die pasiënte lê op matrasse in die gange.



“Waarom dan nie ’n pasiënt soos ek vinnig help en nie vir weke op ’n bed los nie, sodat daar beddens vir hierdie pasiënte beskikbaar is nie?”



Sy erken die emosionele en finansiële impak op haar en haar familie was geweldig. Hulle moes telkemale uitgawes aangaan om Windhoek toe en terug te reis, asook vir verblyf in die hoofstad, aangesien sy en haar ouers in die Suide woon.



As enkelouer moes haar seun by haar pa bly terwyl haar ma haar in die hospitaal ondersteun het en was sy noodgedwonge weke laas by die werk, met haar siekverlof wat lankal uitgeput is.



“My operasie is vier keer gekanselleer. Die finansiële en emosionele tol wat dit op my en ook my familie geëis het, was geweldig.



“Emosioneel is ons verwoes, ons moes om hulp smeek en is afgejak wanneer ons net antwoorde wou hê.”



Sy sonder die leerlingdokters Nekale en Kirsten uit vir hul omgee en versorging, asook susters Muti en Noah wat “buitengewone susters is en regtig lief is vir hul werk en daar is vir hul pasiënte”. Ook die aspirant-verpleegsters van die Universiteit van Namibië (Unam) wat die res van personeel volgens haar “lui, arrogant en duidelik net daar vir ’n salaris eerder as pasiëntesorg” laat lyk.



Van die dokters sou glo opmerkings maak soos “moenie ons pla met julle vrae nie”, “dink jy jy is spesiaal?” en “jy sal respek van my kry wanneer jy dit verdien het”.



“Die hospitaal self is blinkskoon, die diens by noodgevalle by die Katutura-staatshospitaal was uitstekend en daar is wonderlike personeel wat verdien word om uitgesonder en geprys te word.”



Die pasiënt is intussen vir ses weke afgeboek omdat sy so ’n ernstige operasie moes ondergaan en dit op die ou einde nie laparoskopies gedoen kon word nie.



Kliek op die video toe die ministerie van werke en vervoer gister ná 15 jaar warm waterkrane weer by Windhoek Sentraal oopgedraai het: https://q.my.na/BELR



[email protected] Twee sonars, ’n CT-skandering, vier keer se bloedtoetse en twee weke in die hospitaal wagtend op ’n operasie wat óf uitgestel en ­afgestel word óf nooit gebeur nie.



Vyf weke nadat ’n pasiënt as ’n ­noodgeval by die Katutura-staatshospitaal in Windhoek opgeneem en na die Windhoek Sentrale Hospitaal vir ’n dringende operasie vir galstene oorgeplaas is, is sy uiteindelik verlede Vrydag geopereer.



Ten spyte van die feit dat sy op 5 Julie met erge pyn opgeneem is en bloedtoetse en ’n sonar toe al gewys het sy het galstene en moet dringend geopereer word, sou sy eers “vir 12 dae op ’n bed in ’n saal sit en wag” en weer vir tien dae huis toe gestuur word, omdat haar operasie glo volgens ’n dokter gekose en nie ’n noodgeval was nie en sy glo “met pynpille moet wag”.



Volgens die pasiënt is sy net twee keer gedurende haar tyd in die ­hospitaal deur ’n dokter gesien en het navrae oor wanneer sy ­uiteindelik ­geopereer sou word, herhaaldelik op dowe ore geval.



Die vrou wat in die suide van die land woon, se ma moes telkens honderde kilometers heen en weer reis om haar dogter te kom ondersteun.



INFEKSIETELLING STYG



Op 4 Augustus boek sy weer in omdat sy toe uiteindelik in die teater sou beland.



Weer gebeur dit nie, omdat iemand glo die datum verkeerd gehad het en die lys weer verander het. Weer eens moet sy vir ’n sonar en bloedtoetse gaan met laasgenoemde wat toe wys haar infeksietelling is drie keer hoër as tydens die vorige toets. Dié keer kry sy die opdrag om die Maandag weer terug te kom, omdat sy toe die Dinsdag geopereer sou word.



Hierdie keer lê sy en wag, gereed en in haar teaterjurk en –mussie tot 17:15 tot sy die dokter se stem in die gang hoor. Net om weer te hoor hy is op pad na die teater in die Katutura-staatshospitaal en is klaar met operasies in Sentraal. Teen 20:00 is daar ook nog geen teken van die dokter wat in sy plek na haar toe gestuur sou word nie.



“Ek was veronderstel om op 12 ­Augustus geopereer te word en het vir die hele dag in my teaterjurk gesit en wag. Eers toe ek gaan vra, is ek vir die vierde keer gesê: ‘Jou operasie is gekanselleer, het die dokter nie vir jou gesê nie?’”



Die pasiënt se ma het desperaat en in trane by die superintendent gaan ­antwoorde soek wat volgens haar baie behulpsaam en ondersteunend was en seker gemaak het sy is op die Vrydag se teaterlys.



“Haar antwoord was met al die geld wat op herhaalde bloedtoetse, sonars en ’n CT-skandering bestee is, sy vir daardie bedrag twee dokters kon aanstel.



“Vir vyf weke het ek iemand anders se bed gevat. Noodoperasies vind glo net op Maandae, Woensdae en Donder­dae plaas, maar wat van al die ander dae? Hoeveel gee later net op en gaan maar net terug huis toe en gaan dood?”



KOUE STORTE



Volgens haar is die badkamers skoon met onder meer nuwe storte, maar is daar geen warm water nie. Die eerste kamer waarin sy gelê het, het ook nie koue water in die stort gehad nie.



Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer