Vyf seepatrolliemissies nie uitgevoer
Onklaar vaartuig vir twee jaar vasgemeer
Die Visserye-waarnemeragentskap (FOA) het volgens die ouditeur-generaal die ontplooiing van waarnemers weens stygende koste verminder.
Nikanor Nangolo
Die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, het bevestig daar was in 2021-’22 en 2022-’23 geen planne vir seepatrollies met die patrollievaartuig Nathaniel Maxuilili nie weens voortslepende herstelwerk, wat onwettige, ongerapporteerde en ongereguleerde visvang in Namibiese waters moontlik gemaak het.
Volgens Kandjeke het die voortdurende herstelwerk aan die Nathaniel Maxuilili die voormalige ministerie van visserye en mariene hulpbronne se patrolliekapasiteit verder belemmer, aangesien die vaartuig vir twee agtereenvolgende finansiële jare vasgemeer was.
Hy het dit onthul in ’n opvolgprestasie-oudit oor die bestuur en beheer van mariene visserye met die visseryeministerie vir die boekjare 2020-’21, 2021-’22 en 2022-’23, wat Woensdag in die parlement ter tafel gelê is.
Hy het bygevoeg dat die onklaar vaartuig die prestasie verswak het.
“Die seepatrollievaartuig het onklaar geraak en gelei tot ’n teiken van 64% wat bereik is vir seepatrollies gedurende die 2021-’22-boekjaar.
“Gevolglik is vyf patrolliemissies nie uitgevoer nie, wat gelei het tot die ondoeltreffende implementering van die teikens wat vir daardie spesifieke jaar gestel is.
“Dit impliseer ook dat die ministerie beperk was in die tydige reaksie, gegewe die beskikbaarheid van slegs een patrollievaartuig.”
Ten spyte van hierdie terugslae het die ministerie ’n implementeringkoers van 121% vir seepatrollies in 2022-’23 behaal.
“Die voortdurende herstelwerk aan die Nathaniel Maxuilili het diepatrollievermoëns van die ministerie beslis verder belemmer, aangesien dit vir twee agtereenvolgende boekjare vasgemeer was.
“Onwettige, ongerapporteerde en ongereguleerde visvang kan dus steeds in Namibiese waters plaasvind,” het Kandjeke gewaarsku.
“Verder het dokumente wat hersien is, aangedui dat daar geen nuwe vlootvaartuie vir seepatrollies vir die oorsigtydperk aangeskaf is nie.
“Dokumente wat hersien is, toon dat daar drie patrollievaartuie was, naamlik die Mirabilis vir navorsing en vir patrollies, die Anna Kakurukaze Mungunda en Nathaniel Maxuilili, asook twee vastevlerkvliegtuie, Sea Eagle I en Sea Eagle II, wat gebruik is om die beheer van visvangbedrywighede deur middel van seepatrollies te versterk.”
Kandjeke het bygevoeg: “Die ministerie het ’n aantal patrollies beplan deur middel van ’n strategiese plan en ’n jaarplan wat hulle van plan was om te onderneem, bestaande uit ses reise, wat 16 tot 20 dae met twee patrollievaartuie sou duur.
“Dit sluit die volgende in: Meer patrollies aan die noordelike (Angolese) kant; om Sea Shepherd Global te betrek om te help met patrollies; gesamentlike patrollies met die vloot en die Namibiese polisie; en monitering, beheer en toesig.”
TEKORT AAN
WAARNEMERS
Oor die visserywaarnemerstelsel het Kandjeke uitgelig dat die Visserye-waarnemeragentskap (FOA) die ontplooiing van waarnemers verminder het weens stygende koste.
“Die FAO het slegs ’n dekkingskoers van 53% van alle vissersvaartuie behaal weens die tekort aan waarnemers.
“As waarnemers nie ontplooi word nie, kan dit lei tot ’n afname in die kwaliteit van die data en onakkurate monsters wat geneem kan word as gevolg van die gebrek aan die volle operasionele kapasiteit van visserywaarnemers.”
Die oudit beveel aan dat die uitvoerende direkteur van visserye die FOA-begroting moet verhoog om dekkingskoerse te verhoog. Kandjeke het ook die behoefte aan doeltreffende kommunikasie tydens lugwaarnemings beklemtoon.
“Die ministerie moet verseker dat daar behoorlike kommunikasie tussen die radiosentrum en vlieëniers tydens lugpatrollies is,” het hy beklemtoon.
Hy het verder verduidelik dat kleiner vaartuie nie altyd waarnemers benodig nie.
“Dokumente het getoon dat daar 170 geregistreerde vissersvaartuie gedurende die 2022-’23-boekjaar was. Dit ondersteun die tekort aan ontplooiing van visserywaarnemers.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie