Vroue-Eagles mik na T20 Wêreldbeker
Krieket
Iréne-Mari van der Walt
Die Namibiese vrouekrieketspan, die Capricorn Eagles, is vol vertroue dat hulle op hul tuisgrond, die FNB Namibiese Krieketstadion in Olympia, vir die ICC T20 Wêreldbekertoernooi vir vroue sal kwalifiseer.
“Ons sê nie ‘indien’ ons kwalifiseer nie, maar ‘wanneer’,” het Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Müller, Saterdag tydens hul “Wickets & Whispers”-geleentheid gesê.
Die kwalifiseringswedstryde vir Afrika-spanne sal vanaf 31 Augustus tot 6 September in Windhoek gespeel word.
Die ICC T20 Wêreldbekertoernooi vir vroue sal vanaf 12 Januarie tot 2 Februarie volgende jaar in Nepal plaasvind.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie